Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense?
Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Om te sê dat kinders van die Here nooit aan teleurstellings onderwerp sal word nie, is nie Bybels korrek nie. Die Bybel praat meer van God se beskerming IN swáár tye, as dat God ons beskerm TEEN swaar tye. MAAR: Wat maak ons as die swaar tye kom? Luister gerus hierdie stukkie waarhede uit die Woord, en mag dit bemoedig en versterk.