https://youtu.be/wj9HtM-eFoU PSALMS 73:28 'Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.' MATTHÉÜS 6:14-15 AFR53 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense …
PSALMS 73:28
‘Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here Here het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.’
MATTHÉÜS 6:14-15 AFR53 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”
LUKAS 23:32-33 NLV “Twee ander misdadigers is ook saam met Jesus weggelei om tereggestel te word. Toe hulle by die plek aankom wat Kopbeen genoem word, het hulle Jesus daar gekruisig, asook die misdadigers – een aan Jesus se regter- en een aan sy linkerkant.”
LUKAS 23:34 NLV “Daarop het Jesus gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” Hulle het ook sy klere verdeel deur die lot te werp.”
LUKAS 6:28 NLV “Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak.”
MATTHÉÜS 5:43-44 AFR53 “Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;”
KOLOSSENSE 3:13 NLV “Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.”
“Unforgiveness is like drinking poison and hoping the other person dies.” Anne Lamont
ROMEINE 10:13
‘Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. ‘