Tevrede – Deel 1

Is jy tevrede met hoe dit met jou gaan? Om tevredenheid te ervaar is eintlik `n baie dieper begrip as wat ons dink of besef. Ons moet verstaan dat daar `n wêreldse definisie is vir tevredenheid maar dat die Woord van die Here ons leer wat ware tevredenhied is en hoe ons dit kan ervaar, elke dag van ons lewens.

Daar kom baie dinge op `n mens se lewenspad wat jou ontevrede kan maak. Want dinge in hierdie lewe gebeur nou maar net ongelukkig nie altyd soos ek en jy dit wil hê nie. Die Apostel Paulus se lewe is `n goeie voorbeeld hiervan. Hy was vals beskuldig, met klippe gegooi en met stokke geslaan.

Hy was jare lank in die gevangenis end it alles ter wille van die evangelie van Jesus Christus. Maar ten spyte van alles die negatiewe dinge wat in sy lewe gebeur het was Paulus `n gelukkige man. Wat was Paulus se geheim?

Related Posts