Stadig Genoeg!
Wat sou jy daarvan dink as ek vir jou sou sê: Die grootste vyand van die lewe wat jy graag wil hê, is dalk juis die lewe wat jy nou leef. Ons gaan nie net soos gewoonlik kyk na die Waarheid van die Evangelie van Jesus Christus nie, maar ons gaan kyk na die “manier” wat Jesus gelewe en liefgehad het. Hoe kan ons inval by “Sy ritmes” en hoe dit ons leefstyl hier en nou kan beïnvloed om “Stadig genoeg” te loop. Ek gaan gesels met Annerien de Villiers gesels – een van ons eie suksesvolle Comrades 2024 atlete, en – ek gaan jou huis toe stuur met iets in die hand, wat die totale loop van jou lewe kan verander.