So lyk ons kerk!
So lyk ons kerk nou. Ek wonder by myself hoe hierdie prentjie regtig lyk! Ons word soms meegevoer deur wat nie werklik belangrik is in die lewe. Maar ultimately gaan ALLES oor ons (Sy kerk), wat God se Koninkryk moet bou. Met of sonder ‘n werk.., met of sonder gebrek.., met of sonder sekere geleenthede! Ons word geroep om te werk, saam met God. Dit laat mens wonder hoe die “kerk” tans lyk. Kyk jy rond vir geleenthede? Luister jy fyn na Sy stem? Reik jy uit na mense toe wat jy voel Hy op jou hart druk? Skyn jy jou lig en hê mense lief deur jou dade en jou woorde? Hoe benader jy dit?….. Waar lê jou fokus as dit by God en Sy kerk kom?