Sal jy steeds vertrou terwyl jy nie verstaan nie?
Voel dit vir jou of dinge jaar na jaar steeds dieselfde is? Dis al so lank dat jy God vra oor ‘n spesifieke saak, maar jy sien nog geen deurbraak nie. Inteendeel, jy sien die teenoorgestelde gebeur, en dis moeilik. Daar is soms selfs teleurstelling en vernedering wat jy moet verduur… Hoe hou mens aan om God te vertrou in hierdie moeilike situasies?