Sondag 5 Januarie 2020 Deel 1: Tema, Optimisties (Hugo Weich) Reeks: Positief SPREUKE 11:27 'Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.' Optimisties want: MY SONDES IS VERGEWE EN MY TOEKOMS IS VAS! ROMEINE 8:1-2 'DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus …
Sondag 5 Januarie 2020
Deel 1: Tema, Optimisties (Hugo Weich)
Reeks: Positief
SPREUKE 11:27 ‘Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit.’
Optimisties want: MY SONDES IS VERGEWE EN MY TOEKOMS IS VAS!
ROMEINE 8:1-2 ‘DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.’
Optimisties want: JESUS SIT AAN DIE REGTERHAND VAN GOD EN BID VIR MY.
ROMEINE 8:34 ‘Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.’
Optimisties want: MY TOEKOMSTIGE OORWINNING IS BAIE GROTER AS DIE LYDING WAT EK NOU DEURMAAK.
ROMEINE 8:18 ‘Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.’
Optimisties want: MY GEDAGTES IS GEVUL MET DIE VREDE VAN GOD.
ROMEINE 8:6 ‘As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.’
Optimisties want: AS GOD VIR ONS IS – WIE KAN TEEN ONS WEES?
ROMEINE 8:31-33 ‘Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.’
Ek is Optimisties want: GOD SE GEES STAAN ONS BY IN ONS SWAKHEID.
Deel 1: Tema, Optimisties
ROMEINE 8:24-26 ‘Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.’
Optimisties want: GOD WERK ALLES TEN GOEDE MEE.
ROMEINE 8:28 ‘Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.’
Optimisties want: NIKS KAN ONS SKEI VAN GOD SE LIEFDE NIE.
ROMEINE 8:38-39 ‘Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.’
Deel 1: Tema, Optimisties