Nogtans sal ek jubel in die Here
Nogtans sal ek jubel in die Here
HÁBAKUK 3:17-19 AFR53 “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
Hábakuk betekenis: Om te ‘stoei’ en om te ‘omhels’
HABAKUK 1:2-3 AFR83 “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is?
HÁBAKUK 2:1 AFR53 “Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ‘n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.”
Psalm 27:14 – Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
As dit nie God se tyd is nie – kan jy dit NIE FORSEER NIE – WANNEER dit GOD SE TYD IS – KAN NIEMAND DIT STOP NIE!!
HÁBAKUK 2:20 AFR53 “Maar die Here is in sy heilige tempel — swyg voor Hom, o ganse aarde!”
HÁBAKUK 3:1 AFR53 “’N GEBED van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonōt.”
Nogtans sal ek jubel in die Here
Sjigjonōt
• Om te sing met sterk emosie; Kragtige entoesiasme!
• Met passievolle uitbundigheid;
• Met oorgawe! – Passievolle sang met vinnige veranderinge in die ritme;
• Prys met uitroeptekens!!!
HABAKUK 3:2 NLV “O Here, ek het gehoor wat van U vertel word. Ek is in verwondering oor alles wat U gedoen het. Doen in ons tyd ook hierdie dinge wat U in die verlede gedoen het.
HÁBAKUK 3:3 AFR53 “God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.”
HABAKUK 3:16 NLV “Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag ….”
HÁBAKUK 3:17-19 AFR53 “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
HÁBAKUK 3:19 AFR53 “Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.”
JAKOBUS 1:2-4 AFR53 “AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.”
Nogtans sal ek jubel in die Here