Moeg en frustreerd!

Dit is ons visie by Harmonie Gemeente se geloofsfamilie om mense by ‘n plek uit te bring, deur die Waarheid van die Woord, waar hulle ‘n Leefstylkeuse aanpak saam met Christus. En dit vat tyd. Want ons leer elke dag, ons word ook daagliks vernuwe in ons denkpatrone in die manier HOE ons dinge doen. Ons is geduldig met mekaar, soos Christus ook met ons genade het. En ons verkondig nie kitsoplossings nie. Ek glo jy sal met my saamstem dat so baie van die lewe se probleme is te ingewikkeld om binne 20-minute of minder opgelos te word. Maar hierdie week bring ek wel een van die grootste lesse van die lewe vir elkeen wat sal luister. ‘n Bybelse waarheid wat ‘n totale ommekeer in jou leefstyl teweeg kan bring. ‘n Leefstylkeuse wat rus vir jou siel kan bring!

Related Posts