Welkom by Harmonie Gemeente

Waarom bestaan ons?

Ons is `n kerk wat glo dat alle mense `n soeke na God het.  Ons doel is om Jesus aan elkeen bekend te stel, deur `n roeping-ingestelde leefstyl wat deur die Heilige Gees geïnspireer is.

Wie is Harmonie Gemeente?

Dit is ons droom by Harmonie dat elke persoon wat by die gemeente inskakel, deel sal word van ons familie wat die Woord liefhet, vir mekaar omgee en deur die Heilige Gees geïnspireer word. Dit is ons gebed dat mense hier die Woord van God sal leer ken en hulle gawes en God se roeping op hul lewens sal ontdek.

Ons streef daarna om deur middel van mentorskap programme vir mense te leer  hoe om mekaar lief te hê op `n manier waardeur God verheerlik sal word.

As geloofsfamilie is dit ons strewe om die verskillende behoeftes van ons lidmate aan spreek deur ons verskeidenheid van bedieninge wat in die liggaam funksioneer. Wanneer iemand fisiese of emosionele pyn ervaar moet die familie daar wees om te bemoedig, te ondersteun, te troos en Jesus se liefde te demonstreer. Wanneer iemand `n fout begaan het wil ons ook daar wees om te vergewe en liefdevol die regte pad te wys.

Jy moet die ervaring beleef dat ‘n verbintenis met Harmonie jou gaan help om  geestelik sterker te word en meer effektief te groei in God se genade en liefde. As ouers hoef ons nie ons kinders alleen groot te maak nie want daar is mense in die bediening wat dit as hul roeping beskou om die kindertjies van Jesus te leer. Selfs vir ons ouer kinders, tieners en die wat al skool verlaat het, is daar `n heenkome by Harmonie gemeente.

Dis ons persoonlike ervaring dat elke faset van ons lewens beter is omdat ons gekies het om deel te wees van `n groep medegelowiges. Alhoewel die kerk dit nie altyd regkry nie, word ons tog stelselmatig verander om meer soos Jesus te wees. Ons is `n plaaslike groep gelowiges wat deel is van `n groter wêreldwye beweging van Jesus navolgers wie se missie dit is om die liefde van Jesus met die wêreld te deel. Ons gaan nie net kerk toe nie, ons is die kerk.

JY HOEF NIE TE GLO OM TE BEHOORT NIE!  JY KAN BEHOORT NOG VOOR JY GLO!

By Harmonie Gemeente kan jy behoort nog voor jy optree soos ander wil hê jy moet optree. Dis soos Jesus was.  Hy het gereeld met die ergstes van ergstes ontmoet, wat besig was met die vreeslikste goed – dan het Hy Sy liefde aan hulle getoon – maar Hy het hulle nie daar gelaat nie.

Dit was JESUS wat hulle verander het – NIE MENSE NIE – Hier is die sleutel: ons is nie geroep om mense BUITE die familie van God te verander nie – ons is geroep om hulle lief te hê en hulle aan God voor te stel  – DIS GOD WAT HULLE SAL VERANDER.  DIESELFDE GOD WAT MY EN JOU VERANDER HET!!  Dit is so belangrik dat ons dit reg verstaan en regkry.

Al is jy dalk besig met een of ander ding;  jy’s afhanklik van iets, jy het een of ander iets wat in die donker afspeel; dalk doen jy vreemde dinge; of jy verloor jou humeur daagliks;  jy is nie eers heeltemal meer seker WAT jy glo nie…. LUISTER: As jy by ons besoek, en jy is OPREG in jou soeke na Jesus – of Hy daar is, of Sy liefde waar is?  Dit is jou eerlike dryfkrag, jou motivering, DAN IS JY WELKOM – ongeag waarmee jy nou besig is.  Jy is welkom – Jy is welkom!

MAAR, indien jy inkom in hierdie geloofsfamilie om een of ander soort ander agenda van buite in te bring  –  sal dit nie so goed gaan met jou nie, en ook nie met ons nie.

As jy saam ons is; sondaars wat die reddende genade van God kom soek en vind en steeds soek; en jy beweeg in die rigting van meer en meer soos JESUS word – DAN is jy absoluut – geheel en al 100% welkom – ons sal jou liefhê – jou omhels.  Laat ons almal saam Jesus aangryp en daarom staan vir alles wat waar, eerbaar & goed is. Harmonie Gemeente het sy openingsdiens op 15 November 2015 gehou.  Dit was die fisiese geboorte van ‘n nuwe gemeente.  Ons het ons deure oopgemaak as Kaap LewenSentrum, onder die vaandel van Alberton LewenSentrum.  Teen Oktober van 2018 het Alberton ‘n losmaking ooreenkoms met KLS bereik, waarop ons die keuse gemaak het om ‘n onafhanklike selfstandige pad vorentoe in geloof te betree.

Hugo en Retha Weich, het saam met Gert en Lorriaan du Plessis ‘n gemeente kom plant in die skoolsaal van Hoërskool Bellville.

Ons Visie

Ons droom van ‘n gemeente wat homself gee om God en mens liewer te hê. Dit moet “’n Leefstyl Keuse” – word.  Dit gaan nie oor “kerktoe” gaan nie, maar dit gaan oor Kerk wees, dissipel makers, daders van die Woord. Ons droom daaroor om soekers, sowel as gelowiges toe te rus om toegewyde volgelinge van Jesus te word. 

Ons Missie

Ons Missie kom uit Romeine 15:5.

Wanneer Harmonie herstel word op elke area van jou lewe – vind jy weer vreugde en vrede met jou mede-mens, en met Christus.

Geeswoord
“Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome HARMONIE met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.”