Het jy al ooit stilgestaan om te dink wat jy als met jou hande doen? Ons hande is ‘n integrale deel van ons menswees en bestaan. Net soos ons woorde, is ons hande kragtige werktuie om mense en situasies te beïnvloed. Ons hande het nie net fisies vir ons waarde nie. Dit het ook geweldige …
Het jy al ooit stilgestaan om te dink wat jy als met jou hande doen? Ons hande is ‘n integrale deel van ons menswees en bestaan. Net soos ons woorde, is ons hande kragtige werktuie om mense en situasies te beïnvloed. Ons hande het nie net fisies vir ons waarde nie. Dit het ook geweldige sterk simboliese waarde. Ons almal kry dae waar dit nodig is dat iemand vir jou sê: “Kom, vat my hand…” dan is jy nie alleen nie; vat my hand, dan help ek jou oor hierdie hobbels; vat my hand, dan trek ek jou hier uit; vat my hand, want ek weet jy kan dit doen; Vat my hand, dan bid ons saam.
Sign up for free class
It’s easy and free!