Ek dink “die meeste van ons” hou van wen! Paulus is baie duidelik daaroor in 1 KORINTIËRS 9:24 'Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang.' Hy sê ongetwyfeld: RUN TO WIN! Maar waarom voel dit te gereeld in hierdie lewe …
Ek dink “die meeste van ons” hou van wen! Paulus is baie duidelik daaroor in 1 KORINTIËRS 9:24 ‘Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang.’ Hy sê ongetwyfeld: RUN TO WIN! Maar waarom voel dit te gereeld in hierdie lewe of ons NIE WEN NIE? “Jy PROBEER dan al vir so lank!” Hoor gou hier – OEFEN, in plaas van PROBEER, is ‘n totaal ander ingesteldheid. As jy besef WIE God wil hê jy moet wees, dan PROBEER jy nie om daarby uit te kom nie – jy OEFEN met DOELGERIGTHEID om dit te wees! Ons probeer nie net om GOD SE KINDERS te wees nie – ons BEOEFEN ons in die Godsaligheid om meer en meer soos Jesus te wees! Dis ‘n verandering in die manier hoe ons daaroor dink!
Sign up for free class
It’s easy and free!