Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?
Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Hoekom is die wêreld NOU in die toestand waarin hy is? Hoekom laat God lyding toe? Waar is God as ons slagoffers is van misdaad? Is God kwaad vir my as iets sleg met my gebeur?
Ek is baie seker dat die meeste van ons al dikwels met van hierdie vrae geworstel het. Dalk is jy juis nou in ‘n drukgang, dalk is jy op ‘n punt dat jy voel jy kan nie meer nie, dan wil ek graag met hierdie boodskap vir jou HOOP uit God se Woord bring.