Hoe om jou BITTER in SOET te verander…

https://youtu.be/8isyOLSVrYQ

Skrifte in volgorde:

Eks 15:22-27 “NLV”
“Moses het die volk toe weggelei van die Rooisee af. Hulle het na die Surwoestyn getrek. Drie dae lank het hulle deur die woestyn getrek en geen water gekry nie. Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is. Die volk het toe by Moses gaan kla: “Wat moet ons dan drink?” Moses het hulp by die Here gaan soek. Die Here het vir hom ’n stuk hout uitgewys. Hy het dit gevat en in die water gegooi. Dit het die water drinkbaar gemaak. Dit was hier by Mara waar die Here die volgende reëling getref het om hulle te toets: “As julle goed luister na die Here julle God en doen wat vir Hom reg is, gehoorsaam is aan sy wette en reëls, dan sal Ek julle nie dieselfde dinge laat oorkom as die Egiptenaars nie. Ek is die Here wat julle gesond sal hou.” Toe hulle van Mara af weg is, het hulle by Elim gekom. Daar was ’n oase met twaalf fonteine soet water en 70 palmbome. Hulle het daar kamp opgeslaan.

Jesaja 54:17 “NLV”
No Weapon formed agains you shall prosper.

Joh 16:33 “NLV”
In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.””

Jer 29: 11-13 “NLV”
Ek weet wat ek vir julle beplan het,” sê die Here.
“Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” “Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister.”“As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.”

JAKOBUS 4:7-8 “NLV”
“Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.”

JOHANNES 3:16 “NLV”
God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”

JESAJA 43:2-4 “NLV”
“Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. Want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder.

Jes 41:10 “NLV”
“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.”

Related Posts