Hoe maak ek besluite saam met God

https://youtu.be/txXjCD2NiB0

Hoe maak ek besluite saam met God?
Deel 1: Sondag 13 Januarie 2019
Hugo Weich

Met hierdie reeks launch ons ook selkerk vanaf 3 Feb – dis waar jy connect en die verskil begin beleef.
Ek noem ons nuwe reeks: Hoe maak ek besluite saam met God – 3 x Naweke; terwyl die kids vandag afskop met hulle kwartaal reeks: Vrug van die Gees.
Waarom die reeks? Voltyds in die bediening vir die afgelope 13-jaar, die vraag wat mense die meeste vra:

• WAT dink jy wil God hê moet ek DOEN?
WAT is God se wil vir my lewe?
WAT wil God hê moet ek DOEN in hierdie situasie?
Ek wil fokus op die “WAT” en die “DOEN” WAT dink jy wil God hê moet ek DOEN?
Ek wil ‘n paar “BESLUITE” met jou bespreek wat jou lewe kan verander. Hier is die ding: die besluite wat ons vandag maak – bepaal die stories wat ons more en oormore vertel. Dink…

• Wie ons vandag is – is die resultaat van die vorige besluite wat ons gemaak het. Ek is vandag wat ek is – oor sekere besluite wat ek gemaak het in die verlede;
• Wie gaan jy word ?– en wat gaan jy word in die toekoms – vir die grootste gedeelte sal dit bepaal word deur die besluite wat jy vandag, in die “nou” gaan maak.
En kom ons wees gou eerlik – baie van ons is nie juis goeie besluitnemers nie: Dalk stem iemand saam….

• Hoeveel het al permanente besluite geneem op tydelike emosies?

• Enige een al hulle humeur verloor toe jy nie moes nie? Dalk oppad kerk toe…?
Baie keer berou ons sekere besluite wat ons gemaak het. Ek weet nie wat jy dalk berou nie – dalk iemand wat jy mee uitgegaan het? – sjoe, wens ek kan teruggaan en dit oor doen. Dalk berou jy daardie groot aankoop – wens ek het dit nie gedoen nie – dalk was dit ‘n verhuising – dalk was dit daardie oomblik toe jy gesê het: – Hi ouens – kamera-watch my!!!! Jy berou dit…. Hou my bier – kyk gou hier….. dis jou storie – Ons berou baie van die besluite wat ons geneem het.
Sommige moet NOU groot – beduidende besluite neem. Jy’t klaar gemaak met skool – of jy is in jou finale skooljaar – watter universiteit? – of ‘n gap jaar? – wat gaan ek volgende jaar doen? – Of ek het klaar gestudeer, moet ek ʼn honneurs aanpak, in wat sal ek dit doen? Iemand date, moet ek by die persoon bly – of moet ek dalk wag vir iemand anders? Wat van die nuwe werk offer – moet ek dit oorweeg? Moet ek die bedank, klaarmaak – of moet ek die werk behou wat ek het. Moet ek nie dalk die land verlaat nie – dis chaos tans? Besigheid verkoop en oor begin – of wat van ‘n nuwe kar, of dalk hierdie een vir nog ses maande probeer – dalk druk ons deur? Moet ek dalk vir daardie operasie gaan, snip snip, of vertrou ons maar, dalk het die Here ‘n plan vir nr 5….. –

• Dit is nou maar so!! Ons almal het ‘n klomp besluite wat ons moet maak… beduidende besluite – en ons benodig Goddelike rigting!!!
“““ Daar is baie selfhelp materiaal beskikbaar oor hoe om goeie besluite te neem. En baie skryf oor die moeilikheidsgraad vir veral die millenniums van ons tyd: – in besluitneming. Volgens al die statistieke is vandag se besluitneming vir hierdie jonger generasie baie moeiliker as ons vorige generasie. En natuurlik is een van die grootste redes hiervoor, omrede hierdie generasie baie meer opsies het, as wat ons gehad het.

• Onthou jy – na skool was dit weermag, of kollege of universiteit, of gaan werk – vandag is dit baie meer, aanlyn akademiese instansies, gap-jaar, gaan werk oorsee, begin jou eie besigheid, wor d’n internet sensasie – daar is soveel opsies. Daar is soveel wat sukkel – want daar is soveel opsies.
Probeer om jou nuwe Netflix, of catchup of ‘n fliek kyk – in ons huis kan dit 45 minute vat om te besluit – en dan het ons net previews gekyk – en besluit om niks te kyk nie.
Wat doen ons? Ons het soort van ‘n Netflix generasie wat soveel opsies het as dit by besluitneming kom – en dis moeilik. Wat gebeur – uit vrees vir die verkeerde besluit word geen besluit geneem nie – En GEEN besluit is soms ‘n slegter opsie. Ons benodig Goddelike rigting!!!
Vir die volgende 3-weke – baie prakties. Vandag bou ons die fondasie van hierdie reeks – want ek wil hê ons moet saam by die groot antwoord uitkom van die groot vraag oor God se wil vir my lewe!
As dit gaan oor GOD SE WIL – waaroor gee God werklik om? Ons gaan 2-belangrike gedagtes deel en dit gaan ons fondasie word vir die volledige gesprek vorentoe. Waaroor Gee God werklik om?
(1) Die 1ste belangrike saak: God is besorg oor die WIE – voor die DOEN – Wanneer dit oor die wil van God gaan – gee God meer om oor : Wie jy is!! As oor WAT jy doen. God gee om oor WIE voor DOEN!

• Kom ons lees TESSALONISENSE – sien – dit is die wil van God – rekenmeester, CA, sendeling moet word…. – nee, nie wat die Bybel sê nie – Wat is God se wil vir my?

1 TESSALONISENSE 4:3 AFR83
“Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid.”
Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Wat is God se wil vir my lewe? Vir jou lewe? Dat ons heilig moet lewe! Sê dit saam: Dit is God se wil…dat ons heilig moet lewe!
Die Griekse woord vir heilig is agios – dit beteken “to be set apart” – om eenkant gesit te word, om onderskei te kan word… Dit beteken om anders te wees!
As jy ‘n Jesus volgeling is – moet jy anders wees, anders klink, anders lyk – jy kan nie deur die waardes van die wêreld gedryf word nie! Jy kan nie leef vir wat tydelik is en wat dalk belangrik lyk nie! Jy moet gelykvormig word aan die beeld van Christus!!!
Daarom het ons Goddelike rigting nodig – nie ‘n bestemming praat nie, nie arrive nie!!
Ons beweeg in ‘n rigting!! Ons beweeg na Jesus toe. Ons moet soos Hy word.
As jy lees oor Jesus se lewe op aarde, nie veel oor sy loopbaan gesprekke nie; of dat jy geroep is om dit of dat te wees nie; Waaroor? Hy het baie meer oor die WIE gepraat – as oor wat hulle gedoen het. Jesus het oor karakter gepraat. Jesus praat oor roeping. Die kere toe Jesus oor iemand se werk gepraat het – het Hy by meer as een geleentheid gesê – “los wat jy doen en volg My”

• OMREDE WIE jy volg, JESUS, is meer belangriker as WAT jy doen! WIE voor DOEN.
Die vraag wat mense vra is? Wat wil God hê moet ek doen? Wat – doen! ‘n beter vraag sou wees: Wie wil God hê moet ek wees? As jy hier begin, hierdie waarheid, die WIE, sal dit jou uiteindelik lei in die rigting van die regte DOEN – wanneer jy WORD wie God jou wil laat wees. Vir Jesus kom die WIE voor die DOEN!
Voorbeeld – ek is predikant van ‘n gemeente, sal saamstem, dat dit die wil van God is. Glo my – dis waarskynlik Sy sekondêre doel en wil vir my lewe. Sy primêre wil is meer oor my karakter, as oor die werk wat ek doen. Wat ek doen bepaal nie wie ek is nie. Ek kan ‘n predikant wees buite God se wil – as my hart nie reg is met God & my karakter swak is.
Nog ‘n voorbeeld, ek kan ‘n goeie prediker wees, maar vir Retha mishandel, beslis nie in God se wil nie, reg? Of ‘n goed preek, maar my kinders mishandel, nie in God se wil nie. Ek kan ‘n charismatiese droom prediker wees wat die wêreld versit, maar ek betaal nie my rekeninge nie, onverantwoordelik met geld, kom nie verantwoordelikhede na nie – ek is nie in God se wil nie. Hoekom? WIE is meer belangriker en kom voor die DOEN.

• Wie ek as persoon is? Ek dink God sou eerder dat ek enige iets anders as ‘n predikant wees, as ek dit nie met integriteit kan doen nie. God sou eerder dat ek enige iets anders met ‘n rein hart voor Hom doen, voor ek geestelik voorkom en aanhou leef met onbelyde sonde in my lewe. God stel meer belang in die WIE as wat ek DOEN…
Hoe is dit van jou op toepassing? Moet ek die persoon uitgaan of nie? Date die persoon wat met integriteit Jesus volg & dien. Worry eerder oor WIE jy is! Wees die regte JY wanneer jy iemand date… – en dien self die Here met integriteit – WIE is JY!!!??
• Moet ek op hierdie plek bly, of moet ‘n ander werk êrens anders vat? Maak dit saak WAAR jy is? Wees ‘n getroue Jesus volgeling. DAAR.
Sal ek my meesters in die of dat doen? Wat jy ookal jou meesters of honneurs in doen – maak seker jy dien Jesus DAAR. Voor jy dink oor die “wat om te doen in die toekoms” dink aan die WIE jy is NOU!
In stede van: Wat wil U hê moet ek doen in die toekoms, Jesus? – Wie wil U hê moet ek NOU WEES? Begin met die WIE. Goddelike besluitneming. – ons word verander na die beeld van Christus. Stap vir stap agter Hom aan – en word ons meer soos HY. Wat is God se wil vir my lewe? Meer oor WIE as die DOEN…..

SPREUKE 16:2 AFR83 “In sy eie oë is alles wat ‘n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die gesindheid.” (motief)

Ons motiewe maak vir God saak. ‘n mens se hart is maar bedrieglik. Ons het die ongelooflike vermoë om selfs onsself te bedrieg. Jy mag dink dat alles wat jy doen reg is – maar God ondersoek altyd die motief van jou hart. Motiewe maak saak vir God.
Selfs ‘n ma of pa sou dit kon agterkom – ek’s so lief vir dad…… – die beste in die wêreld, niemand anders ooit hê as pa nie…. – kan ons ‘n hondjie kry…. Motiewe maak saak vir God – selfs vir ouers.

Elke keer as ek ‘n gebed bid uit Psalm 139 – gebruik dit gerus in jou stiltetyd – dis kragtig –

PSALMS 139:23-24 AFR53 “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!”

Dis scary hoe dikwels my motiewe onsuiwer is. Eerlik voor God –besef ek gou hoeveel keer my motiewe oor myself gaan, en nie eers oor God of mense nie. Oor dit wat ek wil hê!!

‭‭GALASIËRS‬ ‭1:10‬ ‭AFR83‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
“Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.”

Dis onmoontlik om by die regte plek uit te kom – as jy die verkeerde motiewe het.

C.S. Lewis “Look for yourself, and you will find in the long run only hatred, loneliness, despair, rage, ruin end decay. But look for Christ, and you will find Him, and with Him everything else thrown in.”

Wat is God se wil – wat wil God hê moet ek doen? Ek gaan daardie nuwe kar koop, hoekom, hoekom? Is dit oor jy hom kan bekostig, en jy het werklik betroubare transport nodig, of maak jy ‘n statement wat jy eintlik nie kan bekostig nie….stil…..

Het jy dalk al vir iemand ‘n kompliment gegee – dis omdat jy opreg is né – of wil jy dalk net hê daardie persoon moet beter van jou dink. FB – jy post daardie foto – en jy wil iets betekenis vol oordra, eer aan God bring vir Sy goedheid, of wil jy dalk hê almal moet sê, WOW – cool – hy is so belangrik, kyk sy klere, haar skoene, daai lyf!!! Wat is jou motief – God gee om oor motief.
Waarom ek iets doen – is soveel meer belangrik is WAT ek doen.
Paulus het dit so kragtig oorgedra – God WAT wil U hê met ek doen? Wat moet ek doen?
KOLOSSENSE 3:17 AFR53 “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”
Wat julle ook al doen!! Wat julle ook al doen – of jy nou net begin het by ‘n werk, of jy ‘n maatskappy run, of jy die student of die onderwyser is, wat julle ook al doen – in woord of in daad – wat moet ons doen? Ons moet dit alles in die Naam van die Here Jesus doen. Wat jy ook al doen, waar jy dit ook al doen – dien Christus daar!!! Waar jy ook al leef, dien Hom daar. Wie jy ook al date – dien Hom daar. Dalk sê jy – ek is ‘n by die huis bly mamma, al die wasgoed en skottelgoed en kids is oorweldig – dien die Here daar!! Dis erg, jy raas en maak skoon, en leer, en vanaand lees jy Bybel – onthou al daardie motiewe is om jou kind te dissiplineer, en dis ‘n moeilike seisoen – maar doen dit met die regte motiewe!! Goddelike rigting!!
Studente met baie inspirasie – ek gaan eendag groot dinge doen! Onthou, wees getrou in die heel kleinste lank voor jy nog die groot dinge kan verwag. Dien Jesus waar jy is.
Eendag gaan ek ‘n sendeling word oorsee. Wees nou een in jou biologie klas – waar jy is. Wees getrou waar jy is. God – wat is die groot ding wat U vir my in stoor het – dien die Here nou daar waar jy is!!! Dit help om jou DAAR te kry waaroor jy droom en bid.
Dis die groot fout wat mense maak. Hul kyk na iemand wat suksesvol is en dink, sjoe, hulle moes ‘n klomp groot besluite in hulle lewe gemaak het om hulle te help om so suksesvol te wees – nee nee nee nee – daar is duisende klein daaglikse besluite wat gemaak moet word.

• WIE kom voor die DOEN! Hoekom voor WAT. As ons dit regkry – dan beweeg ons in die rigting van God se wil oor ons lewe – in die rigting van die regte plekke!
Het jy dit al beleef op jou lewenspad – so baie mense wat ‘n impak op jou lewe gemaak het – oor hoe hulle jou laat voel het – hoe jou lewe deur hulle geïmpakteer was.
Soveel mense vra: Wat wil God hê moet ek doen? Doen wat jou hand vind om te doen!!
‘n Beter wegspring plek is – Wie wil God hê moet ek wees…

Ek Ek dink ek en Retha is in een van die wonderlikste seisoene van ons lewe. Elke seisoen is eintlik my gunsteling – maar hierdie een is my gunsteling. Ons gaan ‘n kleinkind kry! Ek dink haar naam gaan Tessa wees… Oor so 3-maande…. As jy dit dalk gemis het – ek sal jou nog ‘n paar keer sê, en ek kan jou ook foto’s wys van hoe Anika nou lyk en dat die baba nou al so groot soos ‘n eiervrug is….. – foto van die eiervrug….

• Verder is ek ook nou waarskynlik oor die halfpadmerk van my lewe, oor 2-weke word ek 52. Dan begin jy mos dinge anders evalueer – wat is werklik waardevol. Want jy besef die pad vorentoe is korter as dit wat reeds agter my lê. (Tensy…)
En soms – ja soms dink mens selfs oor die dood – want ouma en oupa is geniune nou in daardie seisoen. Daardie doods gesprekke – hoop ouma of oupa sal sommer net so in hulle slaap heengaan – of sê nou so terwyl oupa nog ‘n laaste keer preek. Sondag gedink dit is my lot, passwords – En dan die groot vraag wie sal eerste gaan – ouma of oupa?
Wat sou daardie laaste gesprekke wees – al die gemeentes wat geplant is; die moeilike verhuisings, gemeentes, opofferings…… alles wat gedoen is – waarskynlik nie –
Ek dink dit sal baie meer wees – sonder jou sou ek dit nooit reggekry het nie, meer gaan oor ‘n getuienis van soveel jaar van saamwees – hulle is al 52-jaar getroud, bediening.
Sommer aan my & Retha se 29-jaar gedink God se genade, hoe dit ons deurgedra het. Ons kinders wat die Here dien; mense wat ons kon help om by Jesus uit te kom; die lewensverandering; die opofferings; die “seer wat niemand van weet nie”..elke dag is ‘n uitroep om getrou aan God te wees aan WIE Hy wil hê ons moet wees.
Daar was moeilike dae, privaat struggles – ons eie uitdagings – om dit gefokus saam met die Here te oorkom… – elke week, elke dag ‘n motief ondersoek van die hart….. –
Ek glo dis waaroor dit vir God gaan – die WIE – Wie ons geword het, voor enige van die WAT ons gedoen het… en dan WAAROM ons dit gedoen het, voor WAT ons gedoen het. Dis die wegspring van ons gesprek oor God se WIL vir ons lewe.
Dink maar net aan Jesus – wat Hy moes deurmaak, die mense wat Hy gekom het om lief te hê het Hom gehaat, Hom doodgemaak, mishandel en bo menslike denke gekruisig. Hy het nie eers soos ‘n mens gelyk nie. Hoe dink jy het Hy dit verdra? Waarom het Hy nie ‘n miljoen engele geroep om Hom te kom help nie? Hoe kon Hy doen wat Hy gedoen het? Hy het geweet WIE Hy is! Hy het geweet WAAROM Hy gekom het! Hy is die Seun van God. God in vlees om vir mense vryheid en lewe te bring! Nie om gedien te word nie! Hy het gekom om ander te dien! Om Sy lewe vir ander te gee! Hoe kon Hy doen wat Hy gedoen het? Hy het geweet WIE Hy is en WAT Hy moes doen.
As jy iets groots in die toekoms wil doen – WEES wie GOD jou vandag roep om te wees! Wil jy iets groots vir God doen eendag!! Begin vandag, al is dit klein! Wanneer jy getrou is in die klein dingetjies – raai wat? Dan sal God jou met nog meer vertrou! Weet WIE jy is!
Dalk is jou uitroep – ja maar ek wil ‘n roeping hê – hier is jou roeping: Liefde is jou roeping! Liefde. Jy soek jou roeping – om te dien is jou roeping. Dien mekaar sê die Here – NOU.
As jy na die leringe van Jesus kyk – gaan dit nie so baie oor ‘n loopbaan nie – maar eerder oor mense. Liefde vir God – liefde vir mense. Die grootste gebod – liefde vir God en mense. Dis die refleksie vir WIE ONS IS!
Hier is die krag: As jy die WIE regkry – doen jy MEER!! As jy weet WIE jy in Christus is – is daar krag in jou doen. Onthou:
SPREUKE 16:9 AFR83 “’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
Dis waarom – wanneer ek die verandering om soos Jesus te word aktiveer – is ek nie meer bekommerd oor die toekoms nie – Jesus sê: Hy sal my stap vir stap lei – Hy bepaal HOE ek loop – nie by ‘n Goddelike eindbestemming nie – maar in ‘n Goddelike rigting, tree vir tree

• Elke dag soos ek Jesus volg – word ek meer soos Hy.
Dalk het sommige nou daardie gedagte – ek het gekom om raad te kry oor groot besluite wat ek moet maak: Dit gaan nog meer tyd vat in die reeks – maar moenie die belangrike fondasie van vandag mis hoor nie!
Wanneer jy die regte WIE JY IS ontdek – sal God jou help om die regte WAT JY MOET DOEN te ontdek. As jy gedryf word deur die regte motief van waarom jy iets doen – sal dit jou op in die regte rigting stuur – Hy sal jou daarheen lei.
So wat jy ook al doen, date, leef, werk, jou huidige status – wat jy ook al doen – doen alles tot eer van God. Moenie worry oor wat daar ver – daar buite is nie – fokus op die hier en nou! Jesus sal jou lei na die regte goed – die regte rigting gee. Dit gaan oor ons transformasie om meer soos Jesus te word. En wanneer Hy dit doen – soos Hy dit doen – sal jy sien dis groter as wat jy ooit kon dink – ver bo wat jy bid of dink – exceedingly abundantly!!

• Jy het ook nie nodig om uit te freak oor wat voorlê nie – daar’s genoeg wat jou die vrees op die lyf kan jaag… – wees getrou hier en nou – en Hy sal jou lei na die regte plek – in die regte rigting!
Dalk het jy nou – in hierdie tyd groot besluite om te maak – en jy wil so graag vra – Wat wil U hê moet ek doen – pause – Wie wil U hê moet ek wees. My karakter, my menswees, sodat ons voor u staan – die sonde in my lewe los, waar daar ‘n tekort aan vrug in ons lewe is – dat die Gees ons sal aanraak – ons vra vir genesing, vir vergifnis, – dat ons vrug, Kids by HARTKLOP: Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Galasiërs 5:22 Dat ons motiewe suiwer sal word.
Mag U ons in ‘n goddelike rigting neem – stap vir stap – nader aan U, meer soos U.

Hoe maak ek besluite saam met God?

Related Posts