Hoe maak ek besluite saam met God? Die geloof om te begin.

https://youtu.be/h5KFthbsmRk

Hoe maak ek besluite saam met God? Die geloof om te begin.
Sondag 3 Februarie 2019

Baie opgewonde oor wat God vandag met ons wil deel. Vir jou kan hierdie boodskap die één wees wat jou in ‘n rigting gaan stuur wat jy jare van nou af gaan terugkyk en sê: Ek het nooit besef wat God gaan doen nie! Hoe maak ek besluite saam met God?

Ons maak klaar met die reeks vandag – onthou You Tube – MY GEBED is dat God iets in jou hart sal wakker maak om daardie besluit in die regte rigting te neem. Die een waarin God jou wil stuur.

Hoor gou: “Om in die rigting van jou bestemming te beweeg is dit dikwels nodig om jou bestaande sekuriteit prys te gee….- Om in die rigting van iets nuuts te beweeg, moet jy wegstap van die oue…”

My gebed: -ek glo: Terwyl ons as gemeente God “soek” in ons besluitneming – dat ons Vader juis in hierdie tyd baie van julle roep om te BEGIN in daardie NUWE rigting waarin Hy jou roep & stuur:
Dit mag dalk wees dat jy weer gaan ()STUDEER, dit mag dalk wees dat jy ()nuut dink oor die VERHOUDING waarin jy is, dat jy dalk met ()REHABILITASIE moet begin, want jy het solank alleen probeer om oor jou verslawing te kom, maar jy kon dit nie regkry nie. Dit mag dalk daardie ()nuwe werk wees, dalk jou ()bediening wat afskop, dalk begin jy net om ()tiende te betaal, of jy begin ‘n ()kleingroep by jou huis, of jy skop daardie ()besigheid af. Ek weet nie wat dit is nie, maar om in die rigting van jou toekoms te beweeg, vra dit dalk dat jy uit jou omgewing van sekuriteit moet klim, om iets nuuts te begin.

Dit klink dalk voor die hand liggend, maar ek sê dit want dit is waar: Die uitdaging vir soveel mense is dikwels dat hulle “STOP” voor hulle “BEGIN”. (Monopoly – jy moet verby START gaan…) Dis heel dikwels die BEGIN wat mense STOP/KEER! Jy kyk – persoon 130kg geweeg het – nou 70kg – lief haar – haat haar – in dieselfde asem – HOE? Ons wil dit ook doen, maar ons weet nie hoe om daar te kom nie, DAAROM BEGIN ons nie. Dis die BEGIN wat ons STOP! Voor die hand liggend! Maar so belangrik! Jy sal nooit ooit iets klaarmaak wat jy nie begin nie! Weer: Jy kan nooit iets klaarmaak, wat jy nie begin nie!

My gebed vir hierdie reeks: Dat God julle die geloof & moed sal gee om in die rigting te beweeg wat jou hele lewe sal verander. Wat die rigting van jou hele lewe sal verander!!
Om dit te doen wil ek jou vandag vertel van die lewe van Nehemia, in die Ou Testament. Ek sal die storie vertel… – dalk ken jy dit nie, of dalk het jy dit al gehoor…..

Die storie van Nehemia is basies dat God Sy mense gesê het: “Ek wil hê dat julle My moet gehoorsaam en My sal aanbid” Ongelukkig het hulle nie – hulle het nie God gehoorsaam of Hom aanbid nie – toe het God toegelaat dat die Babiloniërs inkom en alles vernietig – alles wat vir hulle saak gemaak het. Die Babiloniërs het die Tempel vernietig, die muur om Jerusalem, hulle het feitlik die hele stad afgebrand – en het God se mense in gevangenisskap geneem!

140 jaar later – dis laaaank – staan ‘n kleingroep mense wat getrou aan God gebly het op – en teruggegaan het na hulle land toe met die dringendheid: Ons moet hierdie herbou! Hulle is ontmoedig, verleë, verneder, want dinge beweeg in geen rigting nie – en ewe skielik gee God een man, Nehemia Goddelike rigting – (die reeks) – hy kyk na die storie vanaf ‘n ander stad en sê: “dis nie oukei nie – hier moet iets hieraan gedoen word. Dis God se plek, God se mense – dit kan nie verder toegelaat word nie – solank ek lewe sal; ek nie hiermee gemaklik wees of hiervoor staan nie!

Iets gebeur – ek noem dit: ‘n Goddelike las burden, roeping..opdrag. Van julle het een – jy weet dit dalk nie eers nie. Daar is daardie “iets” as jy vir dit kyk weet jy, ek is nie oukei hiermee nie – want ek is ‘n Jesus volgeling en die hart van God roer my – ek kan nie stilsit en sien en toekyk nie. Jy sê: Iemand moet iets hieraan doen…, en dan op ‘n punt dink jy: Wel, waarom nie sommer ek nie!
• Baie in bediening gesien, ‘n roeping vir die gevangenis wat by iemand wakker gemaak word, ‘n roeping vir kinders, ouer mense….. – was dit gebore uit ‘n Goddelike roering/las/burden…!

Jou Goddelike las openbaar heel dikwels jou Goddelike rigting. Dit wat jou hart aangryp, wat God in jou lewe stirrr, dit wys daardie “iets” wat God wil hê jy moet doen. Ek weet nie wat dit vir jou is nie? Miskien is jy ‘n ou wat met pornografie sukkel – jou verslawing vir jare, jy was verleë & skaam daaroor, wou nooit daaroor praat nie – toe die deurbraak – jy het hulp gekry en deur dit geworstel. NOU IS JY VRY!!! Jy dink, weet wat – daar is soveel mans vasgevang hierin – slawe hiervan…..– iemand moet iets doen!!! Ek gaan ‘n groep bymekaar kry – en ons gaan help – hierdie manne moet vry kom!!!

Jy mag dalk kyk en die hulpeloosheid van kinders raaksien wat nie ‘n huis het nie, wat nie ‘n gesin of familie het nie – en jy ervaar iemand moet iets hieraan doen – kan nie almal aanneem nie, maar dalk kan ons 1x aanneem, -goeie huis! Die Goddelike “las” openbaar die Goddelike rigting waarin God jou stuur!

Met Nehemia gebeur; amper Popeye oomblik, kan dit net tot hier hanteer; iemand moet iets doen! – gee my spinasie – ek sal iets hieraan doen!! Goddelike “las” onthul dikwels die rigting wat God jou wil stuur!

Wat doen jy met hierdie “las/roering in jou siel”? Nehemia?? Hy was totaal en al ongekwalifiseerde persoon vir die herbou van die mure aan te pak. Hy was die koning se wynkelner. ‘n Wynkelner is nie ‘n konstruksie man nie; moes proe – klink na ‘n lekker werk. (nogal iets wat ek graag vandag by die kos mark wou doen) Maar eintlik was dit om te kyk of daar GIF in was – so as die wynkelner sterf, was dit ‘n goeie indikasie dat die koning nie van daardie wyn moes drink nie! Dit was sy werk….

Hier is ‘n onvoorbereide man, ongekwalifiseerd – en sy las, sy burden, sy urning… en hy wonder dalk – wie is ek om oor so iets belas te wees – en dit word die ding wat God jou eintlik voor roep om te doen! Wie is ek? Ek is nie voorbereid nie, nie gekwalifiseerd nie, en God gee my hierdie “las” om my in ‘n nuwe rigting in te neem – ‘n Goddelike een!!

DIE EERSTE DING WAT NEHEMIA GEDOEN HET WAS OM DIT NA GOD TE NEEM! Hy vat dit na God toe – op sy knieë en hy bid ‘n kragtige gebed!! (Ek sal dit net vir jou opsom – gaan lees dit gerus in Nehemia hfstk 1:5… ek sal die hoogtepunte uitlig!!

NEHEMIA 1:5-11 NLV “Ek het gesê: “Here, God van die hemel, U is die groot en vreesaanjaende “awesome” God. …. U is getrou in u liefde teenoor dié wat u gebooie liefhet en gehoorsaam. Hoor my gebed! Ek bely dat ons teen U gesondig het. Selfs ook ek en my familie het sonde gedoen! Here, hoor asseblief my gebed! Luister na ons gebede, ons wat U graag wil eer. Laat my tog vandag suksesvol wees wanneer ek die koning ’n groot guns vra. Laat hy my goedgesind wees.” In dié stadium was ek die koning se wynkelner.”

WOW: Wat is die eerste ding wat jy doen as jou “las” jou roeping jou in ‘n rigting stuur – dan vat jy dit na God in gebed!! Hy sê: God, gee my guns by die koning asb!! Wat hy eintlik sê: (*) Ek weet dit klink mal – maar sal jy my seën om te gaan vanaf Susa, (waar hy nou was) 1360km tot in Jerusalem – as wynkelner, om ‘n projek te begin om Jerusalem se muur te herbou – en die reputasie van God en sy mense te herstel. Sal jy my asb guns gee?

Die Koning word geraak deur die hart van God en sê JA!!

Vraag? As jy ‘n Jesus volgeling is- met ‘n Goddelike roeping, las, burden… HOE BEGIN JY IETS GROOT? Laat ek gou groot kwalifiseer: Dit kan enige iets wees: jou roeping onder die vroue, onder die manne, iets groot mag dalk vir jou wees om die besigheid te begin wat God op jou hart lê; iets groots mag dalk wees om daardie studente lening af te betaal; iets groots mag dalk wees om ‘n man van God te word vir jou vrou en vir jou kinders. Hulp te soek; Here te soek….

??? – GROOT ? – praat ek van dit wat GOD jou voor roep wat waardevol is! Hoe begin ek iets groot? Vir soveel mense is dit die begin wat hulle stop! En jy maak nooit iets klaar as jy dit nie begin nie!

So, -(1) Hoe begin ek iets groot? Eerstens: ek begin klein! Wonderlike beeld in Sagaria 4:10 Want wie verag die dag van klein dinge, want die Here juig oor die werk wat begin word! Moenie dit verag nie, moenie verleë word nie, skaam wees nie; want wat doen God? – Hy verheug Hom as die werk begin – as die roeping begin – as die aksie begin!

Nog ‘n beeld – As daardie kleinkind, kind hulle eerste tree gee – Mia… – almal staan in afwagting – tree – maak nie saak wie jy is nie – upper class – jy raak crazy – jy gaan mal, want jou kind het sy eerste tree gegee!! En dan val hulle – hulle val ALTYD!!!! En dan: (*) Stupid kind, sommer dom, pateties…NEE – niemand doen dit nie! Dadelik – kom staan op, vat nog ‘n tree!!! Ahhh!!! Ye, want – die kind het sy eerste tree gegee!!

Dis wat God doen wanneer Hy jou ‘n “las” gee wat jou rigting aanwys – wat jou besluite beïnvloed – EN jy verstaan nie die detail nie – jy het geen idee wat voorlê nie! = Maar jy het MOED vir die eerste tree!! Ahhhh!! En God sê: JY VAT ‘N STAP IN DIE RIGTING WAT EK JOU GRAAG WOU SIEN! Hoe doen jy iets GROOTS – JY BEGIN KLEIN!

Oukei: As jy na Nehemia se storie luister dink jy: Oukei, hy het daardie las, burden gehad, en hy het die MUUR gebou!! Dis interessant: as jy teruggaan en tree vir tree, klein treetjies kyk na die pad – dit sal jou GELOOF versterk! HEEL HEEL op die einde het hulle die MUUR GEBOU! As jy ‘n tree teruggee, wat het gebeur? Hulle het () Baie hard gewerk – gaan lees dit, nog so treetjie terug () hulle het gewerk met gereedskap in die een hand en wapens in die ander hand, want hulle moes die opposisie afkeer! Nog ‘n treetjie terug () hulle het dag en nag gewerk. Nog ‘n treetjie terug () iemand moes die moed gehad het om die eerste steen te lê… nog ‘n tree terug – Nehemia moes heeltyd mense aanmoedig wat NIE in die SAAK geglo het nie; Veg vir julle broers, Veg vir julle susters, Veg vir julle kinders, Veg vir julle GOD!!
Nog ‘n treetjie voor dit () Nehemia sit in die nagte, wat gaan ons doen – hoe gaan dit werk? Nog ‘n tree terug () êrens sit hy drie dae en WAG; ‘n tree voor dit () hy reis 1360km ()waarskynlik op ‘n pakesel (dis ‘n baie lang trip, amper Pretoria toe, dis dalk waarom hy 3-dae moes wag!! Wat van voor dit ()voor dit moes hy inpak, sy sakke pak! AS JY IETS GROOTS WIL DOEN – BEGIN KLEIN – pak jou tasse!! Pak jou tandeborsel en klere in!!! Dis ‘n begin!

As jy iets groots wil doen – wat doen jy? Jy BEGIN – jy BEGIN KLEIN! Hê geloof om te begin! Dis wat Nehemia 2:17-18 sê: “Daarop sê ek vir hulle (hoofmanne): Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, (Kyk wat sê hy) laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer ‘n voorwerp van smaad kan wees nie. En ek vertel hulle van die hand van my God wat goed was oor my, en ook van die woorde van die koning wat hy my gesê het. En hulle sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk.”

Wat het God gedoen? Gejuig – want Hy het die werk sien BEGIN!

VRAAG: Hoe doen jy iets groot? Iets beduidend! JY HET DIE GELOOF OM KLEIN TE BEGIN! Wat belangrik is in Nehemia se storie – hy het nie detail gehad van wat voorlê nie – verlede week se preek! As die Gees jou dring gee Hy nie detail nie!! Dis ‘n baie belangrike punt: Jy hoef nie GELOOF te hê om dit klaar te maak nie. Jy moet net geloof hê om te begin!
• Jy het nie die geloof nodig om te sê ek sien die EINDE – hoe ons hierdie hele muur klaar gaan bou nie – jy het net geloof nodig om daardie eerste steen neer te lê!

Ek hoop dit praat vandag met iemand! Jy hoef nie al die detail te weet nie! God gee NIE die detail nie!! Jy het nie die GELOOF nodig om klaar te maak nie – net om te begin!

Ek kan erg emosioneel oor die onderwerp raak, omdat dit so deel is van my geloofspad saam met God! Ek kan onthou, ek was 12-oud – musikant – niks my gekeer nie – ; bediening was my lewe; Nog ‘n tree terug – ek onthou in Bloemfontein, ‘n matriek – Deurnag bidure – buitekamer van ons pastorie – van 2 – tot meer as 20-jongmense wat elke Vrydagaand deurnag bid, mekaar bedien… – let me tell you – so dikwels my “las” my dringendheid, my burden!! Ek het Retha getrou op 21 (brief op 20) al die pad in die kerk! Ons was nie Saterdae uit nie – Jeug bymekaar te kry; ons dates was Saterdae aande nadat ons die Jeug bedien het – Coffee milkshakes in Sunnyside! Gou kinders gekry – hier word sy nog voor 50 ‘n ouma – oor ek so haastig was – maar sy moes hulle alleen in die kerk grootgemaak! Ons roeping vir die kerk, vir mense het oor al die jare ons gedruk, gestuur in die Goddelike rigting wat God ons wou neem!!
Al ons jare in die kerk, veral die verskeidenheid van denominasies, het God ‘n urning op ons harte kom lê oor hoe kerk anders kan wees.. – ‘n leefstyl keuse kan word; real; familie; liefde en sonder veroordeling! Goddelike las openbaar Goddelike rigting!!
En toe die KAAP! Hoe gaan ons dit doen? Waar, watter plek is beskikbaar….; nou weer met die MANNE begin – ons soek nog plek – maar ons het reeds begin – die eerste 14 het opgedaag – verlede week oorweldig met die manne wat agterbly! Hoe gaan ons begin! Begin net – Begin klein!! SELKERK? Waarom? ‘n urning ‘n las – wat die Here by my wakker kom maak het! Ek kan dit nie keer nie – so ek begin vanaand!!!!

• FF tot hier!! Hoe doen ek iets groot – iets beduidend! Jy begin klein! 50 is great Walters!! Sommige sal sê: ek wil nie klein begin nie – nie gesê DINK KLEIN nie! Begin klein! Jy moet altyd groot dink – maar jy’t net geloof nodig om klein te begin!
Eerlik – ek onthou my eerste preek – 8-jaar oud uit Matt 25 – wyse en onwyse maagde – (??) Ek MOES betrokke wees in die kerk – doen Sondagskool – vir jare het ek die graad 6’e se klas aangebied. Vrydag na Vrydag middag het ek kinderkrans aangebied – by oue te huise gesing en bedien vir so lank ek kan onthou!!! (Doen dit weer hierdie week)
Hoe doen ek iets groot! Waardevol – beduidend – hoe besluit ek saam met God? EK BEGIN! Ek het net geloof nodig om te begin! Jy maak nooit iets klaar wat jy nie begin nie!! GOD gaan vandag met iemand praat – en iemand – dalk meer as een ……….GAAN BEGIN!
Wat doen jy? Begin – begin klein – 2; hoor gou!!! Jy gee die volgende tree!! Begin klein – maak gereed vir die volgende tree! Begin klein – maak gereed vir die volgende tree!

Die opposisie opgestaan!! Om hulle te stop!! Dis wat Nehemia doen NEHEMÍA 2:19-20 “Maar toe Sanbállat, die Horoniet, en Tobía, die Ammonitiese kneg, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir ‘n ding wat julle doen? Wil julle teen die koning rebelleer? Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.” – onthou jy laas week: As die Gees jou dring…., in die Goddelike rigting – is daar feitlik ALTYD teëstand!! Vorige gemeente – kollegas – preekrooster afgehaal vir lank, want ek was boring!!

Wat moet jy doen? Wat die volgende tree!! Jy begin klein – en vat die volgende tree!! Jy laat toe dat God jou stuur, dat die Gees jou lei!!! Versekerde teenkanting!! Jy beweeg in ‘n Goddelike rigting!!
As Jesus volgeling – SAL DAAR weerstand wees!! Wat is dit vir ‘n ding wat julle doen? Wat is dit vir ‘n ding wat julle doen? Uit Melkbos – gesê jy’s dom – doen eers navorsing, ‘n mens kan nie sommer net ‘n kerk in Bellville plant omdat die saal beskikbaar is nie!!!! BEGIN!! Geloof vir die eerste tree!!!!

Maak gereed vir baie!!! Hoe Here? Waar baie – ek weet nie – maar ek is bereid om die volgende tree te gee – vandag!! NOU – net geloof vir nou!!!
Ek weet nie hoe nie – vat net die volgende tree!! Net die volgende tree!! ‘n Nuwejaarsmark – Joey – ek weet nie hoe nie – vat net die volgende tree – wat van R30 000 inkomste vandag – ek weet nie Joey, net die volgende tree!!
Ek weet nie wie dit moet hoor nie – maar daar is hierdie ding op jou hart – Gees geïnspireerd – God gedrewe wat jou al vir ‘n geruime tyd beet het – dit beteken nie jy moet iets GROOTS begin nie – jy moet net begin!!! Gewig-ding (nie goeie gesprek voor kosmark nie) -maar 20kg verloor is baie, maar dalk is dit net ‘n eerste tree op die treadmill, en more nog ‘n tree, en oormore stoot ek die brownie weg, en dan nog ‘n volgende tree –. stap vir stap, een kg na die ander!! …en spoedig voel jy soveel beter oor jouself!! Preke is ALTYD ook vir my!!!
• Hoe word ek meer soos Christus – want dit is die BEGIN van alles!!! Jy begin klein – begin lees aan die NT – of Spreuke, begin ‘n Bybel plan of dagboek – skryf ‘n journal oor jou verhouding met die Here!! Soek die Here heel eerste as jy wakker word!!!!
Wat het God met my gedeel hierdie week: HARMONIE: Raak onlosmakend betrokke by jou gemeente – help die gemeente vorentoe – AS ONS GEREED MOET MAAK VIR BAIE – sal BAIE VAN ONS GEREED MOET MAAK!!!!
Iemand sê nou die dag – ek wil ook so hemp hê – great – bestel vir jou een; ‘n ander vrou wil twee hê, want sy wil dien, bedien, kry jou hemp as jy moet – maar BEGIN net!! Kry die sticker op jou karlisensie!! Kry ‘n hartklop hemp – trek hom aan en bedien die kinders – BEGIN NET!!!! Jy het net GELOOF nodig om te begin!!!

MOET NOOIT DAT DIE BEGIN JOU STOP NIE!!! MARCO & LIZAHN met Jong volwassenes – hulle het begin. Marichen en Erastus – Hoërskool leerders – waar’s hulle? BEGIN NET!! Geloof vir die eerste tree!!
• St Francis of Assisi het gesê: “Start doing what’s necessary, then what’s possible, and suddenly you’re doing the impossible”
Nehemia: wys dit Goddelike “las” wys dikwels ons Goddelike rigting!! God gee my guns by die koning! Koning – kan ek gaan? Pak jou tasse – klim op jou donkie – vat dit tree vir tree vir tree – wag vir 3-dae – praat met die mense – moedig hulle aan – kry hulle bymekaar – lê die eerste steen!!!

• Die wonderwerk – die muur is in 52-dae voltooi – ‘n konstruksie wonderwerk van alle tye!!

Sien: o, oukei – projek voltooi… glad nie!! Aan die ander kant – waaroor en waarvoor het dit begin – die herbou van die muur – die herbou van die tempel – die herbou van die ekonomie – kultuur –passie vir God!!! Dis nie HOE BEREIK EK MY BESTEMMING SAAM MET GOD NIE? Dis Hoe maak ek besluite saam met God – want dit is OP PAD – Ons gaan NOOIT ARRIVE nie!!!!!
MAAR – ons beweeg in Goddelike rigting waarin JESUS ons geroep het!!

Wie weet wat is aan die ander kant van die eerste tree!!! Jy het nie die geloof nodig om klaar te maak nie – jy het net geloof nodig om te begin! Droom groot – maar begin klein – maar meeste van alles: Begin net!!

Een dag kyk jy terug en dink – sjoe, dis waar – daardie een tree wat ek in geloof gegee het – daardie een tree in die regte rigting – die een besluit saam met God – was eintlik die grootste geloofstap van my hele lewe – dit het my waar ek vandag is. Want jy het Geen idee gehad wat ons GOEIE God aan die anderkant van daardie een tree het nie.
Dis waarom ek so lief is vir GALÁSIËRS 6:9 AFR53 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.”

Iemand moet dit hoor!!! Moenie moeg word om goed te doen nie!! Vat die volgende tree, al voel jy jy het al alles gegee – gee die volgende tree!! Begin net Begin net!!!! God het jou daardie burden – daardie las gegee – BEGIN NET Gee die volgende tree!!! En die volgende tree!!! Moenie moeg word om goed te doen nie!!!!

WANT OP DIE REGTE TYD! Jy sien dit dalk nie nou nie, jy ervaar dit nie – maar OP DIE REGTE TYD!!
Wees getrou!! Wees getrou aan wat God op jou hart druk!! Droom groot? Begin klein!! Hê geloof om te begin! Die eerste tree! Jy het geen idee oor wat God oor 5-jaar, 10-jaar, 20-jaar wil doen nie – dien Jesus getrou!!! MOENIE DAT DIE BEGIN JOU STOP NIE!! Jy maak NOOIT klaar wat jy nie BEGIN nie!!

Die reeks: Dankie Vader – dat U ons help om agter te kom dat dit nie is waar ek moet wees en wat ek doen nie – maar WIE ek is U is – dat U ons met Wysheid oorlaai – soveel as wat ons nodig het – dat ons gestuur en gedryf kan word deur die Heilige Gees dringendheid!! Gee ons moed – Geloof om te begin!! Mag die Gees mense vandag inspireer om te begin!! Waar U ons ookal lei…

I raise a hallelujah, in the presence of my enemies
I raise a hallelujah, louder than the unbelief
I raise a hallelujah, my weapon is a melody
I raise a hallelujah, Heaven comes to fight for me .

Chorus
I’m gonna sing, in the middle of the storm
Louder and louder, you’re gonna hear my praises roar
Up from the ashes, hope will arise
Death is defeated, the King is alive .

 

Hoe maak ek besluite saam met God? Die geloof om te begin.

Related Posts