Hoe maak ek besluite saam met God? Deel 2

https://youtu.be/APUoStC7J84Hoe maak ek besluite saam met God? Deel 2

PSALMS 119:105 AFR53 “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”
Vraag: ‘n Goeie werk offer, in ‘n ander dorp – R12 000 per jaar meer. Dalk te vinnig geantwoord – wat van R50 000 meer – wie sal gaan? R100 000.
Besluite: Ons maak besluite – en op die einde maak die besluite ons… wat ons gister besluit het is wie ons vandag is, vandag se besluite bepaal wie ons more gaan wees.
Een besluit kan jou lewe in ʼn heeltemal ander rigting stuur. Onthou, jou besluite gaan gevolge hê. Maak seker dit is gevolge waarmee jy vir die res van jou lewe kan saamleef.
Waarom die reeks? Voltyds in die bediening vir die afgelope 13-jaar, die vraag wat mense die meeste vra: WAT dink jy wil God hê moet ek DOEN? WAT is God se wil vir my lewe?
Deel 1: Die vraag wat mense vra is? Wat wil God hê moet ek doen? ‘n Beter vraag sou wees: Wie wil God hê moet ek wees? As jy met hierdie waarheid begin, wanneer jy WORD wie God jou wil laat wees. die WIE, sal dit jou uiteindelik lei in die rigting van die regte DOEN – Vir Jesus kom die WIE voor die DOEN!
Myself as voorbeeld – Wie ek as persoon is, is baie meer belangrik as WAT ek doen. Ek dink God sou eerder dat ek enige iets anders as ‘n predikant wees, as ek dit nie met integriteit kan doen nie. God sou eerder dat ek enige iets anders met ‘n rein hart voor Hom doen, voor ek geestelik voorkom of leef met onbelyde sonde in my lewe. God stel meer belang in die WIE as wat ek DOEN…
(*) Motief: Dis onmoontlik om by die regte plek uit te kom met verkeerde motiewe.
Soveel mense vra: Wat wil God hê moet ek doen?
‘n Beter wegspring plek is – Wie wil God hê moet ek wees…
Ek Dink maar net aan Jesus – wat Hy moes deurmaak, die mense wat Hy gekom het om lief te hê het Hom gehaat, Hom doodgemaak, mishandel en bo menslike denke gekruisig. Hoe kon Hy doen wat Hy gedoen het? Hy het geweet WIE Hy is en WAT Hy moes doen, waarom Hy dit moes doen.
Dalk het jy nou – in hierdie tyd groot besluite om te maak – en jy wil so graag vra – Wat wil U hê moet ek doen – pause – Wie wil U hê moet ek wees. Kom ons gaan stap vir stap na deel 2 – daar’s nog (1) laaste deel oor, volgende week. Moet dit nie misloop nie.
Deel 2: Wysheid
• Generasie – het baie meer keuses – jy kan selfs kos oor ‘n app koop;
Die opkomende generasie word gevorm deur: vergelyk met alles wat perfek is – fb ens….; saam die perfekte wil van God – die perfekte man….; Ek wil nie verkeerde besluite maak nie – nou maak ek eerder niks besluite nie – hoe weet ek wat God wil hê ek moet doen?
Ek weet nie wat om te doen nie? Moet ons koop of huur, moet ek bedank – moet ek aangaan? Hoe maak ek die besluite saam met God? As U my net wys – dan sal ek dit so doen!! Ons almal het Goddelike rigting en wysheid nodig…
Hier is jou raad vir vandag: As jy groot belangrike besluite maak, Soek God – en Hy sal jy wys, jou lei, jou leer!! Bid net – en jy sal glad nooit twyfel nie…. is dit waar? Nee
Kom ek wys jou uit Paulus se lewe – hy was baie onseker oor wat kom? Baie Christene glo dat God gaan hulle die toekoms wys – ek gaan nooit onseker wees nie. Kom ons kyk wat sê Paulus – sommer so in sy alledaagse wandel….
‭‭I KORINTHIËRS‬ ‭16:6‬ ‭AFR53‬‬ “En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.”‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
Op my reis, waar ek ook al mag gaan…. Wat sê Paulus: Dalk bly ek ‘n rukkie, dis moontlik, ek weet nog nie…. Dis nie werklik duidelik nie. Doen ek iets verkeerd? Vra ek verkeerd? God wys nie ons ver voor in die toekoms nie – Sy karakter is om ons stap vir stap te wys.
God gee ons WYSHEID om die besluit te neem…
Laasweek Het ons die “wie” uitfigure, en waarom. Vandag: God wys my wat om te doen! God sê eintlik: Nee, Ek sal jou wysheid gee om die besluit te neem. Moenie dit mis nie.
Salomo – as koning gesalf – voorskrif was 1 brandoffer – dier offer – maar in plaas daarvan offer hy vir God ‘n 1000 offers gebring – baie groot offer aan God – dit het God se hart beweeg – en God sê vir Salomo – As jy enige iets kan vra – wat sal dit wees?
• As jy vir ‘n oomblik dink dat vrygewigheid nie die hart van God beweeg nie – dan terg jy jouself.
Salomo het nie vir geld en krag – gewildheid gevra nie – help my om goeie besluite te maak – gee my wysheid oor reg en verkeerd…
1 KONINGS 4:29 NLV
“God het vir Salomo baie wysheid en onderskeiding gegee, en ook kennis wat soos die sand aan die see nie gemeet kan word nie.”
God sê: EK gaan jou wysheid en al die ander goed gee
‭‭SPREUKE‬ ‭4:7‬ ‭AFR53‬‬ “Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.”‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
Psalm. 32:8 Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou
Dalk het jy al gesê – as ek net destyds geweet wat ek nou weet sou ek…. wat sê jy eintlik – Jy het wysheid langs die pad gekry.
Wysheid is meer belangrik as Goud – Jy vra: God, wat moet ek doen? – My kind: Ek sal jou wysheid gee om die besluit te neem…
Hoe kry ons daardie rigting om die besluit te maak saam met God? ‘n Paar eenvoudige Bybelse gedagtes, observasies….
WANDEL SPREUKE 13:20 NLV “Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.”
As jy saam met die wyses loop – word jy soos hulle – as jy kies om met ‘n klomp dwase mense jou pad te loop – word jy ook soos hulle… dink daaroor
Dink maar aan jou lewe – toe jy groot moeilikheid gehad het – veral daardie jonger dae – die moeilikheid het gekom saam met ‘n klomp ander ouens, of meisies. Moeg gesukkel – drug rehabilitasie sentrum – as al jou vriende steeds drugs gebruik, gaan jy moeilik daarvan los kom – jy moet uit daardie omgewing, vriendekring.
• As jy jou lewe wil verander – beteken dit dalk dat jy jou vriende ook moet verander. Wys my jou vriende – EN EK wys jou waarheen jy oppad is
Praat nie van ‘n gesprek nie – maar om die lewe saam te doen…
Luister: Dis Feitlik onmoontlike om op die regte pad te loop as jy die verkeerde vriende het. Jou ma was reg: verkeerde vriende….
Die skrif sê : ons moet liefs die lewe doen saam met wyse mense…..
Daar is krag daarin om met gelowiges te meng – selkerk – soveel mense sê – te besig – bla bla bla – ek het nie tyd nie. Hoe sal jy kan vashou aan die Here as die wêreld aanhou trek – die gemors jou heeltyd aftrek – die vyand vir jou lê en loer….(en jy wonder waarom) – en jy het geen ondersteuning in die kerk nie, mense ken jou nie – ons is beter saam.
Ouers: jy moet jou tieners hier kry – doen alles in jou vermoë om hulle radikale Jesus volgelinge te maak – hulle word die hele week met ander goed beïnvloed – Moenie Sondae second guess nie…. laat die evangelie in hulle ingelaai word.
• ‘n Companion of fools suffers hard
(*) My begeerte was om naby aan God te leef! Die Woord was op my bed, in my lewe – met dit gesit – elke dag! Ek het letterlik volgelinge van Jesus bewonder, agtervolg! (Ons predikant se hare & bybel)….
(*) My begeerte was nog altyd om ‘n goeie pa, man van God te wees. So lief vir die kinders en ons kon Wyse waardes in hulle lewe inbou… (ook nie altyd perfek nie)
(*) Ek wou ook nie finansieel sukkel nie! Ek wou my kar afbetaal hê, my eie blyplek hê…
Saam wie ek geloop het – het al hierdie begeertes van my beïnvloed.
• Invloed van soveel op my geestelike pad, my ouers, my skoonouers, my oupa… my selvriende……
• Kinders: Retha – kyk daardie mense in Bredasdorp, kom ons kyk na hulle lewe…
• Finansieel – gee aan die Here – gee ruimhartig – Hy sal vir jou sorg! Huis nou! Raadgewers –
Wil jy beter besluite maak? – hang uit met wyse mense – wys my met wie jy uithang! Dis amper onmoontlik om die regte rigting pad te kies, as jy met verkeerde vriende uithang.
Goeie raad: Connect met ‘n selgroep – moenie Sondae misloop nie – jy het nodig om met gelowiges uit te hang!!
2de stuk wysheid: VRA
Hier is ‘n gebed wat altyd beantwoord word: Wysheid
‭‭JAKOBUS‬ ‭1:5‬ ‭AFR53‬‬ “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.”‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
God gee – mildelik – God weet mos baie meer!
My & Retha se doelwit is : low maintenance ouers – ek sukkel die meeste… Goeie raad: Jy moet eenkant! Dalk sê iemand – ai, ek hoop my ouers hoor – hulle kyk voor hulle…
Dis wys om eers raad te gee – wanneer hulle raad vra – dan gee ek in oorvloed. Enige tyd as jy God vra – sal Hy gee!
Luister: OM wysheid van God te kry – moet jy tyd met God spandeer – daarom soek ons Hom as sentrale punt in alles – elke dag – wat ek moet hoor, wat ek moet sê – Gee my die hart vir die dinge wat U hart beweeg – vra God en Hy sal gee!
‭‭PSALMS‬ ‭32:8‬ ‭AFR83‬‬ “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.”‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬
PSALMS 119:105 AFR53 “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”
Hoe maak ek ‘n besluit Here, – Ek gaan jou onderrig, jou die pad leer wat jy moet volg!
(*) Meng met die wyses; (*) Vra die Here se leiding
3 Maak daardie BESLUIT!
Geen besluit – dalk soms erger as ‘n verkeerde besluit!
Ek weet nie wat om te doen – MAAK DIE BESLUIT – God het ons nie robotte gemaak nie – Hy wil hê ons moet kies – ons moet Hom eerste kies – ons moet Sy Woord kies… kyk na die morele implikasie – kies reg! Bel my vriend Shane Willard: – Maak die besluit!
God kan selfs die slegste besluit in iets goeds omskep, maar dan moet jy kies om altyd Sy leiding te volg. Hy wíl jou help – en jou gehoorsaamheid waarborg seën. Sorg dat jou besluite altyd die hemelse roete volg en jy sal vrede hê oor jou keuses. Jesus op aarde mbt loopbane: Los wat jy DOEN en volg my!
Dis God wat jou in staat stel om te doen wat jy moet doen.
Aanvaar dankbaar dat jy goeie verstand en insig gekry het om die regte besluite te kan neem. En dat jy nie die pad alleen hoef te stap nie. Jy is deel van die hemelse familie.
Dis nie altyd die hemel wat oopgaan nie…. – Paulus het nie gesê: God het gesê ek moet hierdie rigting gaan nie…. hy het meer iets gesê soos ons dink dit is beter…
I THESSALONICENSE 3:1 AFR53 “DAAROM, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;”
Ek is nie seker nie… – God het nie gesê nie – ons stap met die wyse – ons leer…
Ons maak besluite! Wat as ons ‘n fout maak? Jy kry dan eintlik nog wysheid…. Jy kan dalk ‘n ekstra rekening kry, of ‘n ekstra jaar van studie, of ‘n ekstra baba – maar jy kry wysheid.
En wysheid maak jou beter!
God wys my wat om te doen. Ek gee jou wysheid om te besluit!
Terug na die inleidende storie of jy sal trek vir duisende rande meer…
Ek het altyd geweet dat daar ‘n spesifieke roeping op my lewe is. Toe ek as kolonel klaar maak in die Lugmag, en die bediening betree…. toe los ek ‘n goeie standvastige pos, salaris, pensioen…… en vat ‘n pos by die kerk vir R9 000 minder, met geen pensioen, medies of ander finansiële byvoordele nie….
Moet nooit dat GELD die enigste bepalende faktor wees waarom jy sekere besluite neem.
Jy mag trek vir geld – maar jou kinders ly daaronder, jy verloor jou geestelike familie wat jy dalk swaar optel by ‘n volgende plek; Moenie dat GELD die besluit maak nie.
Ek sê ook nie jy moet jou werk los en voltyds die bediening betree nie. As iemand goeie geld in besigheid kan verdien en daar sy/haar bediening, roeping uitleef en mense na Jesus toe kan lei – ons SAKEWERELD het dit meer as enige iets anders nodig.
Wys my wat om te doen Here…. WAG – God sal jou wysheid gee om te besluit!
Loop met die wyse – hang uit met Jesus volgelinge – stap vir stap!
Suksesvolle geestelike lewe is nie gebaseer op net groot besluite nie – maar daardie ontelbare klein besluite tree vir tree…
Ek wil meer wysheid hê van God? Steek jou hand uit? God wil jou wysheid gee!
Moenie lewe BUITE God doen nie – buite Sy “Heilige wil” vir jou lewe – God wil hê dat ons heilig moet lewe – buite dit gaan ons dit nie regkry nie!
Want omdat Hy ons so lief gehad het – het Hy Sy seun gestuur vir ons sonde – sodat almal wat Hom aanroep gered kan word!!!
‭‭MATTHÉÜS‬ ‭7:24‬ ‭AFR53‬‬ “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.”

‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬Hoe maak ek besluite saam met God? Deel 2

Related Posts