Hoe maak ek besluite saam met God?

https://youtu.be/NrYJgEl2VQc

Waarom Hoe maak ek besluite saam met God?
Sondag 27 Januarie – Deel 3

Almal het Goddelike rigting nodig – Goddelike ingryping; my reeks het na 4 verander en volgende week die finale – jy moet dit nie misloop nie.

die reeks? Die mees algemeenste vraag: “Hoe weet ek wat God se wil vir my lewe is?”
Ons het ontdek dat ons lewe die resultaat is van al die besluite wat ons maak. Ons maak besluite & besluite maak ons. Wie ons nou is, is die resultaat van die besluite van gister. Die besluite wat ons vandag maak bepaal die storie wat ons môre sal vertel.
Die groot uitdaging vandag: Mense is nie meer groot besluitnemers nie. En daar is goeie redes daarvoor: Week 1: Daar is so baie opsies EN dit is moeilik om besluite te neem wanneer jy het so baie keuses. Verlede week het ons gepraat oor die illusie van volmaaktheid. Ons is ‘n generasie wat vlugtige kykies in mense se lewens via sosiale media het. Hulle lewe lyk perfek. En ons eie, urghh. So wil ons hierdie volmaakte lewe nastreef. Verder wil ons ook die volmaakte wil van God najaag. En in hierdie illusie van volmaaktheid, wil ons net nie ‘n onvolmaakte besluit neem nie, so dikwels verlam die idee ons en maak ons geen besluit nie.
Kinders word vandag anders geprogrammeer, skryf iemand: Ons was gesê: Gaan speel buite, en so moes ons besluit wat om heeldag lank buite te doen. Met ander woorde: klim op die heuwel; bou ‘n kaskar; ontwerp ‘n speletjie… jy het heeltyd kreatiewe besluite gemaak. Vandag se kinders vra min – gee met net die I-pad. Navorsers sê kinders het nie meer daardie besluitneming spier nie – nou sit ons met ‘n klomp mense wat besluiteloosheid ontwikkel.

Dit gebeur met my – met almal van ons. Ons wil net die beste hê. Maar – ek is bang dat as ek hierdie geleentheid vat ek dalk gaan uitmis op ‘n ander groot geleentheid. Of ‘n ander een.. Amper iets soos FOMO – fear of missing out. En dit maak dat ek nie hiér wil commit betrokke raak nie; ‘n Lewe wat nie kan commit nie word ‘n onsuksesvolle lewe, en dit is waarom die vrees van Geen besluit neem soveel lewens negatief impakteer.

Hoe raak ons meer beslissend? Hoe kry ons daardie Goddelike rigting? Hoe maak ek daardie besluit saam met God? Vandag praat ons oor: – Vertrou God met die proses! Vertrou God!

Konteks van Handelinge, Hfst. 20, Paulus praat oor ‘n baie emosionele besluit wat hy moes maak. Paul was geliefd en gelukkig waar hy bedien het in Efese. Die mense was sy mense. Dit was sy plek. Hy het tuis gevoel in Efese. Hy kon vir altyd onder die mense werk.

Toe gebeur dit – hy ervaar hoe God hom dring om die plek te verlaat en elders te gaan, hy roep die ouderlinge bymekaar en verduidelik – “God beweeg my”, en met ‘n emosionele totsiens, want hy was lief vir waar hy was, maar God het hom elders geroep… (was jy al by so plek?)

Paulus sê: HAND‬ ‭20:22-24‬ ‭“En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.” ‭‭ ‬‬‬‬

Ek wil jou iets leer van God se proses, en jy sal dit oor en oor en oor weer ervaar, as jy ‘n Jesus-volgeling is, en jy verstaan iets van die “dringendheid” van die Heilige Gees in jou lewe – dan leer jy hoe om God en die proses saam met God te vertrou.

(1). Ek noem die eerste een: Die Heilige Gees se aansporing! Sy dringendheid! Hand 20:22 sê dit, “en nou verplig deur die gees.” Paulus sê: God stuur my! Verplig deur die Gees, ek gaan na Jerusalem.

Die Griekse woord vir “gedring / verplig” is die woorde, DEO HO NUMA. Deo beteken TOEGEDRAAI. Soos met ‘n koord wat jou in ‘n rigting trek; Numa is Gees, of Wind, breeze of stroom. Deo ho numa, die koord waarmee jy getrek word… gebind deur die wind van die Gees. –

“Ek is gemaklik hier, maar ek ervaar hoe iets my in ‘n rigting in trek! ….LERICA – DEO HO NUMA – gister het die Gees haar gedring om in gehoorsaamheid te doop!

DEO HO NUMA. Ek was nie noodwendig op soek hierna nie, maar ek word verplig deur die Gees. Ek wil vir jou sê as jy ‘n Jesus-volgeling is moet jy op guard & bewus wees en kyk vir die DEO HO NUMA oomblikke. Dit kan iets regtig groot wees, waar die Gees jou hele lewe herlei. Dit kan iets skynbaar onbeduidend wees en is met ‘n groter impak.

Vir my, dit was 13-jaar gelede toe my voltydse bediening begin het – niks kon dit eintlik keer nie – nie eers ekself nie…….
Kyk uit vir die DEO HO NUMA oomblikke. Jy kan hulle op groot maniere ervaar, of in skynbaar onbeduidende maniere, maar elke keer as die Gees van God jou aanpor – aanmoedig, dryf – is dit belangrik. DEO HO NUMA.

Vir sommige van julle kan jou DEO HO NUMA oomblik wees daardie stem wat jou roep na die Selkerk, of die mannebyeenkoms, of die vrouegroep, of net meer vir Sondae se byeenkoms; of om te help by die kinders – dit vra jou om uit jou gemaksone te klim! SELKERK persoonlik: – God se stem aan my – maak dissipels – Sondae aande is heerlik op my bank!!!!! Om tyd saam met ander gelowiges deur te bring. Dalk is jy bewus van God wat al lankal praat – maar NOU DRING DIE GEES JOU! Jy moet dalk ‘n boeta of sus bedien, versorg, help – die Gees praat al lankal met jou! God praat al lankal met jou om ook jou gawe, jou deel – jou bydrae te gee, maar elke keer werk jy daarteen – maar nou dring die Gees jou – dis ongemaklik né!

DEO HO NUMA – jy weet die Gees dring jou om jou gawes meer te gebruik om ‘n verskil te maak. Deo ho numa, ‘n besigheid te begin. Deo ho numa, begin ‘n bedieningsgroep. Deo ho numa, om eendag ‘n boek skryf…… ; om ʼn mentor te word vir iemand!
Paulus sê, “Nou verplig deur die gees, ek gaan na Jerusalem.” Al wat ek hoef te doen is om God te vertrou in die proses”.

• Dis die (1) gedagte: Hoe maak ek ‘n besluit saam met God – wag – die Gees dring my vir hierdie een – (2) Die tweede, …GEWAARBORGDE ONSEKERHEID. Toe Paulus sê “ek’s verplig deur die Gees, ek gaan Jerusalem toe”, en toe hy sê: “Ek weet nie wat daar met my sal gebeur nie.” Ek weet ek word gedring – maar ek het nie meer besonderhede nie.
Dis wat ons wil hê: Detail – Besonderhede. (*) “God, wys my die besonderhede.” … en God sê, “Jy wil besonderhede hê, my kind, jy sal nie die detail kan hanteer nie”

Eerlik, ons gemeente planting in die Kaap – ek & Retha wou so graag baie detail gehad het. Hoe Here hoe gaan U dit doen… – waar, wanneer, deurbrake – genesing….

• Die waarheid: Luister as God al die besonderhede vir ons gewys het, insluitend al die pyn, was daar geen manier, geen manier dat ons sou JA sê nie. Iets het gebeur – die Gees het ons gedring!!!! En daar was gewaarborgde ONSEKERHEID!

• Ja. Die ander kant – NOU – wanneer ons die impak sien, IS DAAR GEEN manier waarop ons ooit NEE sou sê nie. Geen manier. Wat het Hy gedoen: Stap vir stap gelei – soos ons dit kon hanteer – (*) Here, ek wil meer besonderhede hê – U het gesê maak gereed vir baie!!! Besonderhede!!! Nee wag, dis nie tyd vir besonderhede nie – dis tyd vir gehoorsaam volg – tree vir tree – dag vir dag – dis hoe ek jou wil lei my kind!!! SO MAAK JY BESLUITE SAAM MET MY! SO KRY JY GODDELIKE RIGTING!!!
SO lief PSALMS 119:105 AFR53 “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”
‘n Lig vir my pad. Wat is God se woord? Dit is ‘n lamp vir ons voete. Dit is nie ‘n spotlight – kollig wat die toekoms wys nie!!! Dit is ‘n lig vir ons pad.

Wat doen ons? (*) God, ek neem die besluit saam met U – maar WYS my stap 5, 6 & 7. God sê, “Ek gaan nie vir jou wys nie – doen eers 1, 2 & 3 saam met my! Maar ek wil my lewe beplan. Nee, die Here bepaal jou tree. (*) Die Gees het my gedring! “Here, maar nou is ek onseker!! Dis goed; volgende tree.”

Mense sal my vra, as leier van die gemeente: Hugo, wat is jou plan vir die toekoms van die kerk? My filosofie oor leierskap het aansienlik verander…. Wat is my plan? My plan is selde oor die toekoms. My plan is om vandag gehoorsaam wees.
Laat ek dit weer sê. My plan is selde oor die toekoms. My plan is om vandag gehoorsaam wees. Ek kan nie die toekoms sien nie, maar ek kan getrou wees aan die volgende stap.

(*) Maar ek wil sekerheid hê. Ek wil sekerheid hê. Jy wil sekerheid hê? Hier is ‘n paar sekerheid. (1) God sal jou nooit verlaat. Hy sal nooit verlaat nie!!! (2) God sal jou stap vir stap lei. Onthou ons vers verlede week? (3)God sal jou in wysheid lei. …as jou hart en fokus op Hom gerig is! (*) Maar ek moet meer sekerheid. Luister, as jy nou nie elke nou en dan met ‘n bietjie onsekerheid leef, gaan jy nie leef deur geloof nie, en as jy leef deur geloof nie – kan jy God nie behaag nie – !!!

(*)Al wat ek weet is ek is verplig om deur die Gees. Die gees se aanpor. Besliste onsekerheid. Die derde deel van God se proses is wat ek noem Voorspelbare weerstand,

Merk maar jou dagboek, die vyand sal tee staan wat God jou lei om te doen.
Dit is wat Paulus sê: “…ek is gedring!! Ek weet nie wat voorlê nie. Ek weet net dat in elke stad, die Heilige Gees Waarsku my dat daar gevangenisskap en swaarkry my in die gesig staar.” Gevangenis en swaarkry.
Ons lees deur wat en dink, “no big deal, dis daardie tyd – dis Paulus.” Wat gebeur as jy getuig by die werk en hulle kom om jou op te sluit! En hulle bêre jou vir 4-jaar. Dis wat ek weet: As jy die Here Jesus met oorgawe dien – sal dit soms baie moeilik gaan!!!
EN – dit moet jy verstaan: Indien jy nog nie gereed is vir die TEESTAND & DIE BATTLE vir gehoorsaamheid aan God nog nie – is jy NOG NIE gereed om deur God gebruik word!! Laat ek dit weer sê. As jy ooit dink dit gaan nie moeilik wees wanneer jy iets betekenisvol deur die geloof doen, flous jy jouself. Die vyand SAL ALLES wat jy vir die koninkryk wil doen met alles in hom teëstaan!!
Ek kan nie vir jou in woorde sê hoeveel keer die vyand my probeer pootjie het – om nie voltyds vir die Here te werk nie! En hy het nog nie opgehou nie! Betekenisvolle oorgawe vir die Here beteken teëstand!
Hier is vandag se groot probleem. So baie mense dink wanneer dinge taai raak, hierdie is nie God se pad vir my nie! Wanneer dink jy sal die vyand aanval? Wanneer jy NIKS doen vir die heerlikheid van God nie – NEEEE!!! Weerstand is nie noodwendig ‘n teken dat jy buite God se wil is nie. Weerstand is dikwels ‘n teken dat jy doen presies wat God jou geroep om te doen.
HOOR WEER: Net omdat dinge nie reg gaan nie – beteken nie dat jy buite God se wil is nie. Wanneer jy aangeval word is dit soms ‘n direktye indikasie dat jy presies doen wat God wil hê jy moet doen!
Die battle wat jy vandag deurmaak – ontwikkel die geestelike sterkte wat jy nodig het vir more en oormore!! VERTROU GOD MET DIE PROSES!! (*)Deur die Gees gedring!!! (*)Definitiewe onsekerheid!!! (*)Weerstand!!! Dit gaan nie altyd maklik wees nie!!
So laaste gedagte – maar dis groot – die Apostel Paulus – wat ons vandag van praat! Een van die grootste geestelike leiers in die geskiedenis van die wêreld. Maar voor Paulus ‘n volgeling van Jesus was, het hy Christene vermoor!! Christene gehaat!
Maar – in ‘n oomblik word sy hele lewe omskep!! Op die pad van Damaskus. Nou mag jy dink – mooi – dis toe dat alles gebeur het! Dis toe dat alles vir hom reg geloop het – vandaar af – Hy het alles gekry waarvoor hy gebid het; geld in die bank gehad; goeie gesondheid en nie ‘n probleem van ‘n dag oud nie …. want dit gaan mos gebeur as die besluit saam met God maak!!
Nie so vinnig nie! As jy bietjie verder gaan lees kan jy agterkom daar was so 3-jaar stil tydperk vir Paulus – onbekend in Arabië… – sy eerste preek is in Damascus. Sy preek is so goed – almal probeer om hom dood te maak. Dit is wat gebeur het. Dis ‘n goeie begin vir jou bediening – vir jou roeping!!! Hy hardloop – vlug vir sy lewe. Paulus word ‘n tentmaker. Hy wil preek; Hy het ‘n Damaskus oomblik gehad; hy het ‘n DEO HO NUMA oomblik gehad…., maar hy maak tente…. hoe baie van ons is daar… jy het die oomblik gehad; jy het die stem gehoor; jy het die besluit gemaak….., al wat jy nou doen is, jy maak tente……….

Hy loop vir sy lewe. Hy sukkel om die rekeninge betaal. ‘N klomp tyd aanstap. Hy wil preek, maar wat doen hy? Hy word eintlik maak tente, maak tente. ‘N paar van julle nou, in jou wêreld, jy maak tente. Jy wil iets anders doen, maar jy maak tente.
Nog sowat agt jaar gaan verby…. Hy wil steeds preek…, niemand wil die gasspreker wat Christene vermoor nooi nie. Ons het gehoor hy het verander, maar ek is steeds skrikkerig….., Barnabas tree in die bres vir Paulus – vir sy geloofwaardigheid, en dan begin die opening na wat? Hy wil preek, Hy wil doen…., maar hy maak tente….. (*) Wag, wag, wag. Vertrou God se proses. Vertrou God se proses. Vertrou God se proses.

HY DOEN IETS IN JOU, OMDAT HY IETS WIL DOEN DEUR JOU. VERTROU GOD SE PROSES.
Swaarkry moet jou nie keer om deur God gebruik te word nie – Dit word die geleentheid om deur God gebruik te word soos nog nooit van te vore nie!!

Paulus sê dit, “selfs al is daar slegte en moeilike tye, en selfs al weet nie die besonderhede. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk. My enigste doel is om die wedloop voltooi en voltooi die taak wat die Here Jesus my gegee het. My enigste doel is om die taak van getuig op die goeie nuus van God se genade.
Wat het verder met die Apostel Paulus gebeur…. – Hy skryf die grootste gedeelte van die hele Nuwe Testament wat ons vandag lees! Wat jy dalk nou in jou hand het. Hy plant kerke reg oor Asie en Europa! Hoe het hy dit gedoen? Met watter durf en moed?
Paulus het nie beplan vir die toekoms nie – hy was net gehoorsaam aan die Gees vir VANDAG!! Hy het nie ‘n plan vas geteken vir 5-jaar, of lang termyn nie – Hy het die Gees gevolg, vir elke tree!!! Sonder dat hy van die besonderhede bewus was. God se manier – stap vir styap met die lig op sy pad – lamp vir sy voet!!

Hy het geweet dit gaan nie maklik wees nie! Maar as Jesus deur dit verheerlik word – het hy geslaag! As hy gepraat het – was dit oor Jesus; as hy in die tronk was het hy geskryf oor Jesus, as hy opgesluit was het hy ander na Jesus gelei; as hy geslaan en gemartel word het hy gesing vir Jesus! HOEKOM – Want hy was absoluut seker dit was nie oor hom – oor watter loopbaan hy volg en wat hy doen nie – maar oor die hemelse roeping in wie hy is in Christus en vir Christus!

Hoe het dit op jou van toepassing? Waar is ek nou veronderstel om te wees? Wat van my passie? My roeping? Liewe vriende: as jy dalk tente maak – dien die Here terwyl jy tente maak; As jy tafels waiter; dien die Here terwyl jy op die tafels wag; as jy huisma is – dien die Here terwyl jy jou kids grootmaak. As jy ‘n nagraadse student, dien Jesus daar.

Hoe gaan ek van hier af om te kom waar ek wil wees? Wat is God se wil vir my lewe – hoe maak ek die besluite saam met God? Luister: Hy, wat mag het om te doen – ver bo alles wat ons bid of dink!! Hy het die planne – Hy het die visie; volg net getrou aan die Heilige Gees se dringendheid.

Wat wil U hê moet ek doen? Ek wil hê jy moet my gehoorsaam volg, volgende tree gee…
Hier is ‘n vraag vir jou? Waar is jy in jou geestelike lewe – in jou verhjouding met die Here? Dalk sê jy: “ek is nie regtig seker.” Dis tyd om seker te maak. Dit is tyd om te sê, “Ja, ek het gesondig. Ja, ek moet vergifnis.” Wanneer jy ‘n beroep op Jesus, sal hy jou sondes vergewe. Hy sal maak dat jy splinternuwe, asof jy het nooit, ooit gesondig voor. Jy word nie ‘n beter mens as jou DEO HO NEMO gebeur nie, Jy word ‘n nuwe persoon. Die ou is weg, en alles raak nuut!!

Waarom Hoe maak ek besluite saam met God?

Related Posts