Hoe gaan dit met jou?
Ek deel graag hierdie desperate kreet van Sonja, waarin sy ons uitnooi om Sondag saam uit te roep: “My Heer, Ek wil nie van hierdie plek af opstaan, as U nie saam met my gaan nie. Laat U Heilige Gees my hart aanraak, sodat ek weer warm kan raak van U liefde. Ek wil U aankleef en voor oë hou, sodat ek NET U antwoord in my lewe kan hoor. Dankie my Heer.”