Heilige Vrug.
Worstel jy dalk soms met die gedagte dat jy nie “Heilig genoeg is nie”? As mens al die moets en moenies wat die lewe vra – sou aanhang, gaan ek en jy mos altyd voel ons kan nie ware heilige kinders van God wees nie; dat jy êrens te kort skiet! Hoe kry ‘n mens dit reg? Hoe kan ek iemand wees wat opregte, heilige vrug dra? Die antwoord is duidelik in God se Woord! Moenie alleen deur die proses probeer gaan nie. Ons het ‘n verhouding met Jesus Christus nodig. By Hom kry ons die water wat vir ewig sal hou. Om heilig te wees en Heilige vrug te dra gaan oor soveel meer. Dit beteken dat jy nie net jouself nie, maar ook al die ander mense om jou vir God se Koninkryk kan wen!