Ons het van 18-20 Oktober laer getrek in Bridgetown, net buite Morreesburg! Wat ‘n spesiale naweek. Nuwe vriende is gemaak, vele visse is gevang, daar is geswem, gebraai, gekuier en gelag. Tyd in die die natuur, naby God se skepping – wat voedsel was vir die siel. Kampvuur lofprysing, volleyball, stap, sonsopkomste – ‘n naweek wegbreek wat voel soos ‘n week vakansie. Dankie aan almal wat hard gewerk het om die naweek so ‘n sukses te maak. Tot volgende jaar…