Geen skaamte in kerk nie

https://youtu.be/DNpQsegafJI

Tema: Geen skaamte in kerk nie
Skrif: 1 Korintiërs 12:14-26 (NLV)
Datum: 18 Augustus 2019

1. Hoekom gaan dit met kerk in Suid-Afrika soos dit gaan?

Efesiërs 3:20-21 (NLV) 20Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. 21Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen.

a) Kerk probeer dit veilig speel.
b) Kerk verstaan ”verbind met Jesus” verkeerd.

2. Hoe moet kerk dan lyk?

1 Korintiërs 12:14-27 (NLV) 14Ja, die liggaam bestaan nie net uit een ledemaat nie, maar uit baie. 15As die voet sou sê: ”Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” maak dit hom tog nie minder deel van die liggaam nie. 16En as die oor sou sê: ”Omdat ek maar net ’n oor is en nie ’n oog nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” maak dit hom tog geensins minder deel van die liggaam nie. 17Veronderstel ’n mens se hele liggaam sou uit ’n oog bestaan – hoe sal jy dan hoor? Of as jou hele liggaam net een groot oor sou wees – hoe sou jy enigiets kon ruik? 18Maar nou het God dit so beskik dat daar verskillende ledemate sal wees en dat elkeen van hulle sy eie plek in die liggaam sal hê, soos Hy dit goedvind. 19As alles net een ledemaat was, dan sou daar mos geen liggaam kon wees nie! 20Ja, daar is baie lede, maar net een liggaam. 21Die oog kan nie vir die hand sê: ”Ek kan sonder jou klaarkom” nie. En op sy beurt kan die kop nie vir die voete sê: ”Ek kan sonder julle klaarkom” nie. 22Om die waarheid te sê, juis daardie liggaamsdele wat vir ons onbelangrik lyk, is des te meer noodsaaklik. 23En die dele van ons liggaam wat ons as minder eervol beskou, beklee ons met groter sorg. Op hierdie manier beskerm ons daardie dele waarvoor ons skaam is, vir die oë van ander, 24terwyl ons ander lede dit nie nodig het nie. God het dus ons liggaam so kunstig saamgestel dat daardie liggaamsdele wat eer kortkom, juis dubbele eer kry. 25Gevolglik heers daar harmonie in ons liggaam en al die liggaamsdele sorg saam vir mekaar. 26As een ledemaat swaarkry, kry al die ledemate saam swaar, en as een ledemaat vereer word, juig al die lede saam. 27Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is ’n noodsaaklike liggaamsdeel.

a) Elke kerk moet haar rol in die liggaam vervul.
b) Ons hoef nie skaam te wees vir wie ons is nie.
c) Kerk kan radikaal wees vir die doel waarvoor God hulle geroep het.

3. Waarvoor het God ons as gemeente geroep?

a) Ons is geroep om ‘n groep mense in Sy liggaam te wees.

Efesiërs 3:14-19 (NLV) 14Daarom kniel ek voor die Vader. 15Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. 16Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. 17Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. 19Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word.

b) Ons is geroep om in ’n hopelose tyd, hoop vir mense te wees.

Hebreërs 10:19-26 (NLV) 19Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. 20Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf. 21Wat meer is, ons het ’n groot priester wat toesig hou oor die huis van God. 22Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met ’n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van ’n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water. 23Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het. 24Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. 25En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. 26As ons opsetlik bly sonde doen nadat ons die volle waarheid leer ken het, bly daar geen offer vir die sondes oor nie.

4. Wat is jou rol in hierdie kerk waar God jou geplaas het?

Handelinge 4:23-31 (NLV) 23Toe hulle losgelaat is, het Petrus en Johannes dadelik die ander gelowiges opgesoek en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles gesê het. 24Toe het al die gelowiges saam tot God gebid: ”Almagtige Here, Skepper van die hemel en die aarde, die see en alles daarin – 25U het lank gelede u dienaar, ons voorvader Dawid, deur die Heilige Gees laat sê: ’Waarom het die nasies tekere gegaan? Waarom het die volke sinlose planne beraam? 26Die konings van die aarde het hulle slaggereed gemaak; die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Messias.’27Dit is wat hier in hierdie stad gebeur het! Herodes Antipas, Pontius Pilatus die goewerneur, die ander volke en die volk Israel het saamgespan teen Jesus, u heilige Dienaar, wat deur U toegerus is vir sy taak. 28Eintlik was alles wat hulle gedoen het, volgens u beskikking en besluit. 29En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. 30Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”31Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.

5. Wat keer jou om lief te wees vir God se kerk?

Jesaja 43:18-19 (NLV) 18”Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie. 19Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom! Ek maak vir hulle riviere in die woestyn.”

Related Posts