Nagmaal – 3 Nov
Volgende Sondag is dit 3 November – byna ongelooflik!
Volgende Sondag is dit 3 November – byna ongelooflik!
Oktober is ons gebruiklike Dankbaarheidsmaand waar jy die geleentheid het om meer te gee, bo-en-behalwe te gee – uit Dankbaarheid te gee – net soos die Here dit op jou hart mag lê.
Merk asb jou spesiale offer as Dankoffer, of 10de maand –
Harmonie maak die keuse om met hierdie offer VERBY ons eie behoefte te kyk, en ‘n spesifieke DROOGTEHULP -projek te ondersteun – lees asb hier langsaan.
Die Here het dit op ons hart gedruk om NIE die spesiale 10de maand dankoffers vir HARMONIE se behoeftes aan te wend nie – MAAR om dit te gebruik om ‘n verskil te maak vir die boere in die Droogte-geteisterde Karoo – daar is ‘n spesiale projek wat hardloop om die vroue van die boere te ondersteun en Harmonie vat hande met die projek – so kan jy ‘n groot verskil maak.