Ek gee op – op Vrees

https://youtu.be/0GPh4AXwIl4

Deur Hugo Weich

As jy soos enige ander mens is – is die kanse groot dat jy maar ook battlemet een of ander vrees in jou lewe.  Baie mense leef in vrees.  Baba’s het net twee vrese – harde klanke of om te val…. dis al – die res is aangeleer.

Dis lagwekkend watter nuwe tipe vreseontstaan. Die algemenes, donker, spinnekoppe, donderweer.  Of in die nag – as jy na die deur loer – irrasionele vrese.   Baie vrese bly in die kinderjare en soms saamgebring na volwassenheid.  Almal van ons vat een of ander vrees saam met ons – of dit nou vir hoogtes is, of wat ookal.

VANDAG: – om die mees algemene vresete vat – en in die lig van God se Woord, Sy lig daarop te laat skyn (soos Stephan se preek)

Een van die mees algemeenste vrese: (1)Om iets baie kosbaar te verloor– miskien indien jy getroud is, jou eggenote – en dis vir jou ‘n swaar las. Of die verlies van ‘n kind – en die sommiges is hier – my broer, en ander.  Of dalk die vrees van verlies aan inkomste – finansies; of jou werk verloor; of ‘n belegging, ens.

Vir sommige is dit sommer die vrees van beheer verloor.  Ek wil alles hou soos dit is, soos ek dit in beheer het.  Dalk iemand?

Dan ‘n ander algemene vrees waarmee baie mense worstel – (2)Die vrees van mislukking. (groot vir my) – Ons voel onbevoegd – ons wil iets doen, maar uit vrees dat ons nie kan nie, of nie gaan wen nie – los ons dit eerder.  Sommer net ‘n selgroepbegin – maar bang dit werk nie – sê nou niemand daag op nie?  Ek wil kinderkerkbetrokke raak – maar sê nou maar dit werk nie?  Miskien is ek net nie goed genoeg nie– om ‘n besigheidte begin, of om weer te gaan studeer

  • Omdat ek so bang is – raak ek verlam in vrese vir mislukking. Dalk iemand?

(3)Die vrees van Verwerpingooo, baie mense is vasgevang daarin.  Vra ‘n meisie uit – dis goeie oefening.  Die groot behoefte dat almal van my sal hou  – en niemand my verwerp nie – (my hare so, my gewig, persoonlikheid, aantrek – alles bepaal dan…..

Die werk wat ek het – is dit goed genoeg vir ander mense – en ek gaan deur die lewe bekommerd of ek goed genoeg is – of sal ander mense my verwerp.  Dalk iemand?

Dan ‘n meer Algemene vrees –(4) Vrees vir die onbekende.  Jy dink – sê nou maar ek kry kanker, of iemand naby my, sê nou maar ek verloor my werk?  Of sê nou maar die nuwe werk, werk nie uit nie?  Wat gaan in die toekoms gebeur in ons land?

Sommige mense is vasgevang in baie slegte situasies, miskien ‘n verkleinerende verhouding of een of ander slegte situasie, en hulle wil uit dit klim, maar hulle is so bang vir die onbekende, dat hulle maar eerder in daardie plek vasgevang sit. 

EN DAN: Mense wat heel gelukkig is, maar tog sê – dit gaan nou so goed, ek weet iets slegs is om die draai!!  Ek meen – met al die goeie dinge wat nou gebeur moet iets tog lê en wag!  Ek is bang vir die onbekende – Enige een?

  • Miskien is al 4 hierdie vrese op jou lysie. Ons kan nie deur die lewe gaan bevrees en bang nie – dit verlam jou!!  Die skrif sê in :

II TIMÓTHEÜS 1:7 AFR53 “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”

  • Wil jy nie gou herhaal nie – Vrees kom NIE van GOD NIE!
  • Vrees is nie van God nie! Vrees is van ons geestelike vyand!

God ons Vader, die alwetende, magtige, heerser van die heelal – het nie beplan dat ons in vrees of met vrees lewe nie! En tog is soveel van ons vasgevang daarin! Altyd bekommerd! Angstig – altyd oorweldig!  Ons lewe lamgelê deur iets wat NIE van GOD af kom nie!  Want God het ons nie ‘n gees van vrees gegee nie!

  • Omdat vrees nie van God is nie – MOET EK OPGEE OM te leef in VREES– EK GEE OP! En deur die krag en genade van God bid ek dat jy dieselfde pad sal kies.

Party mense sê VREES is die teenoorgestelde van GELOOF – tegnies miskien– maar ek verskil.  Ek glo dat vrees is geloof – dis net geloof in die verkeerde dinge.  Vrees is geloof in die verkeerde dinge.

Hier is ‘n sleutelgedagte: WAT IS VREES?

Vrees plaas geloof in die “Sê nou maar…” Sê nou maar hierdie slegte ding gebeur? Min mense sê Sê nou maar hierdie goeie ding gebeur – Sê nou maar dit word beter in SA. Met die uitsondering lotto spelers wat sê as hulle wen gaan hulle tiende vir die kerk gee. 

Maar eintlik is dit maar altyd: Sê nou maar iets sleg gebeur.  Vrees sit geloof in die slegte.

  • In ons reeks baie oor Mosesgesê – hy was ook skuldig daaraan in die OT. Die hele storie vertel – Moses word geroep – so vanuit die vreesanjaende bos wat nie regtig brand nie…. Ek dink God het Moses se aandag gehad.

EXODUS 4:1 “Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?””

Moses speel dieselfde: Maar sê nou maar, wat as? God sê Hy is saam hom en tog vra hy met hierdie vraag.  Soos ons dikwels doen; Sê nou maar, wat as – ek is bang. Ons doen dit heeltyd.  Sê nou maar die ekonomiestort in duie of die rentekoersgaan weer op die week – of ek verloormy werk, of my gesondheid, of sê nou maar my vrouverneuk my; Sê nou my kinders kry seer?   ‘n Klomp slegte goed wat kan gebeur!  En ons hou aan en aan en aan – Sê nou maar, wat as…..  elke Sê nou maar – gee ‘n nuwe area van vrees.

Vrees sit GELOOFin die Sê nou maar’s!    Haal gou asem – want dalk het jy aan nog ‘n paar gedink – hier kom ‘n belangrike vraag:

  • Waarom beteken jou Sê nou maar’s iets? Waarom?  Hier is twee gedagtes wat lewensveranderend kan wees:

JOU Sê NOU MAAR’S“TEL” OMDAT DIT WAT JY VREES – WYS WAT JY EINTLIK DIE MEESTE WAARDE AAN HEG.  (Ons praat nie van spinnekoppe of die donker nie).

Byvoorbeeld: As jy bang is vir die behoud van jou huwelik – is jou huwelik vir jou baie belangrik.  Wat nie ‘n slegte ding is nie. Jou kinders – wys dat hulle baie belangrik vir jou is  – weer – nie ‘n slegte ding nie!

Bang jy verloor werk of geld, wat jy waarde aan heg is finansiele sekerheid en stabiliteit – nie ‘n slegte ding nie– maar wat jy vrees wys wat jy die meeste waarde aan heg.

Dink gou bietjie daaraan – wat jy vrees wys wat jy die meeste waarde aan heg.

2de gedagte:   WAT JY VREES WYS EINTLIK WAAR JY GOD DIE MINSTE VERTROU.

Wat jy vrees wys wat jy die hoogste waarde aan heg – endit wys waar jy God die minste vertrou.

Kyk gou weer na voorbeelde: Jy worry oor jou huwelik– vertrou jy God met jou huwelik – nee!  Jy sê dalk jy doen, maar jy doen nie.  As jy regtig worry oor jou kinders – dink gou – jy vertrou nie God vir die beskerming van jou kindersnie.  Jy sê eintlik – God, ek glo nie eintlik dat U goed genoeg is om die plan en doel van my kinders se lewe uit te voer nie – daarom sal ek bydrae en daaroor worry – daaroor vrees – asof dit enigsins sou help?

As jy God nie vertrou met jou finansiesnie – sê jy eintlik ek glo nie God kan voorsien nie – want dit wat jy vrees wys waarin jy God nie vertrou nie.  Of God die minste in vertrou.

Wees gou vir ‘n paar oomblikke baie EERLIK.  Ek vertrou eintlik nie in God vir….?  Baie eerlik! Vul die blank in….  sit dit neer – skryf dit – own your fear!

Wat EK neergeskryf het – as ek baie eerlik is – is my toekoms! Nie dat ek vrees iets slegs gaan gebeur nie – maar my vrese was dat ek nie goed genoeg is vir dit wat God nog met hierdie gemeente wil doen nie.  ‘n Regte vrees vir my eie onvermoë en ombevoegdheid.  Sê nou maar my gawes werk nie?  Sê nou maar ek hardloop uit energie uit?  Sê nou maar ek is nie ‘n goed genoeg herder of leier  of mentor nie?

En eerlik – as ek dink wat nog gedoen moet word – die oes is groot, as ek vorentoe kyk en die reuse werk in my Gees sien wat God nog wil doen!!!  Lê dit my bykans lam.  Dit oorweldig my!  Ek kyk na Retha en ons hou mekaar se moed en hoop sterk vir alles wat moet gebeur – en soms wil ‘n mens op een hopie lê en kreun, duim suig en sê Here – dis te groot – die las is te swaar – ek huil uit my hart vir die hulpkreet van mense – die nood – my eie hulploosheid – hoe gaan ons almal help??

Sien: dit wys wat ek die meeste waarde aan heg – sekuriteit en die toekoms – en dit wys skaamteloos waar ek God die minste vertrou. Want ek sê eintlik – ek glo nie U gaan daar saam my en Retha in die toekoms wees nie!

Kan jy eerlik wees oor jou vrese? In watter area van jou lewe vertrou jy God nie?

Kom ons praat gou verder uit die Woord.  Hoe kan ek die Sê nou maarvan my vrese in die gesig staar?  2-gedagtes

(1)Jy moet eers jou vrese erken.  Maak nie saak wat dit is nie – erken dit en kies om God te vertrou.  Maak ‘n doelbewuste besluit om God vd heelal daarmee te vertrou.

Moenie dit ligtelik wegvee nie – ore oedruk – la la la nie – ek het al alles probeer nie – Ek meen – eerlik – watookal jou vrees is – met elke greintjie van geloof in jou hart – God ek vetrou U om getrou te wees. Voorbeeld:

DAWIDwas die gesalfde om die toekomstige koning van Israel te wees.  Die huidige koning Saul was baie bedreig deur die gedagte – soveelso dat hy Dawid geminag het.  Saul gee opdrag – hunt him down en kill him!!

Nou lees ons die skrif en dink – ja, Dawid was aan die weghardloop.  Dink gou – die posters is op – jy word gesoek – dead or alive!! Almal soek jou EFF, ANC, CNA & ALS ens Almal wat leef – is agter jou bloed aan – dit was Dawid se realiteit. Wat doen hy: Ons kry so kykie agter die skerms:

PSALMS 56:2-4AFR53  “Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag. My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed. Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.”

…die hele dag!! Die hele dag!!!  En dan so eerlik:

Die dag as ek vrees… In ander woorde – somtyds word dit net te veel, en jy kan dit ook sê, as ek bang is om my kinders te verloor, bang is oor my toekoms, bang is oor die nuwe werk – dan sê hy:

..dan sal ek op U vertrou! – dan KIES ek om op U te vertrou!

Deur geloof, kies ek om my vertrou in U te sit.  Wanneer ek bang is – maak ek die keuse – en my keuse is – ek wil U vertrou!!

En dan sê Dawid dit; hy praat dit; hy skryf dit!!!

PSALMS56:5NLV  “In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen?”

Ek sal NIE vrees nie – wat kan mense aan my doen?

Ek kies om God te vertrou – ek kies om my geloofin Hom te sit.  Wat kan mense aan my doen?  Gou eerlik – mense kan hom doodmaak, reg? Hulle kan hom vang, mishandel, in die tronk gooi, sy lewe opmors vir altyd!  Maar Dawid gaan van die tydelike gedagte, van lewe op aardeen hy verander ratte na ‘n ewigheids perspektief, en wat hy sê is: Jy weet wat, selfs as my slegste “Wat as, sê nou maar…wel gebeur – steeds kies ek om God te vertrou. As ek al my vertroue in Hom sit – is daar niks in ewigheidsterme wat mens kan doen om my skade aan te doen nie.  Ek kies om God te vertrou met my hele lewe!!

  • Eweskielik verdof die waarde van my ergste sê nou maar’sin verhouding met die grootheid en goedheid van God!

Die oefening: Wees eerlik oor wat jou vrees is… – noem dit en spreek uit – ek kies steeds om God hieroor te vertrou.  My ervaring: Hoe verder ek weg is van God – hoe banger raak ek vir die sê nou maar’svan die wêreld – EN hoe nader ek aan God beweeg – hoe groter is my vertroue in Hom – erken Sy grootheid – ek kies God – no matter what!!

(2)2de waarmee ek wil bemoedig: Soek God.  Soek Hom – soek Hom – Soek Hom – totdat Hy al jou vrese wegneem!  Soek Hom in Sy Woord, in Gebed, in Bybelstudie groepe; Soek Hom dag en nag; totdat jou vrese weg is.  Daar is ‘n krgtige Psalm wat Dawid gee as lewensveranderend:

PSALMS 34:4-5 AFR53  “Gimel. Maak die Here saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef! Dalet. EK HET DIE HERE GESOEK, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.”

  • Vat gou ‘n oomblik en dink oor die vers: Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.”

Hy het my uit al my vrese gered: daar is GEEN vrees wat my meer gevange hou nie.  Ek het Hom GESOEK!!  Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek saam jou kon dink dit is nie moontlik nie.   Hoe kan God my vrymaak van AL my vrese?

God kan jou van al jou vrese en uit al jou vrese vrymaak – as jy Hom soek met jou hele hart!!   (Hope se boetie sterf)

John Wesley, die stigter van die Methodist kerk, groot man van God – aangehaal jare gelede:  “I have never known more than 15 minutes of anxiety or fear”.

JESAJA 26:3 NLV  “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.”

Dink gou: Wanneer vrees en angs my gemoed oorneem – maak ek my oë toe en dank God dat Hy steeds op die troon is – en beheer het oor alles – en kry rustigheid dat Hy beheer het oor al die sake van my lewe.   Wat ‘n mooi aanhaling – om by te leef.  My eie ervarings – het al gegroei oor die jare…..

Ek stop – haal asem – eer God en erken Sy grootheid.  Jy kan presies dieselfde doen.  As vrees jou wil oorweldig – maak jou oë toe – fokus op God – EN EWESKIELIK KOM STAAN GOD TUSSEN JOU EN JOU VRESE. 

DIE ANDER KANT – AS JY DIT NIE DOEN NIE – KOM STAAN VREES TUSSEN JOU EN GOD.

Maar SOEK God en kyk hoe Hy jou help om vry te raak.   – Dis wat ek nou doen – as die taak van die toekoms – en die toekoms self my wil oorweldig – sonder pensioen, sonder dit sonder dat…. ek sluit my oë – God is genoeg vir vandag – U gee my (in U Woord) ALLES WAT EK NODIG het vir vandag – SOEK HOM – en Hy wil dieselfde vir jou doen!!

Jy het NIE ‘n GEES – van Vreesagtigheid gekry by God nie – dis nie van Hom nie!  Maar van krg liefde en selfbeheersing.  – Dis van Hom!!

Maar sê nou maar – sê nou maar….

  • Sê nou maar storie – Beth en haar man se dood (boek);

En dan – êrens bereik ek die punt van – ek gaan U soek – en ek weet U sal weer eens getrou wees en my help om met my lewe aan te gaan….

Amper asof ek God hoor sê – presies, presies!!!!! 

Hoor hier: klim nou maar op die Sê nou maar trein – Sê nou maar dit gebeur, ek verloor my werk, my salaris, my vrou, Sê nou maar die ekonomie, Sê nou maar die grondkwessie, Sê nou maar die resessie – Sê nou maardit gebeur…..  Ja, jy sal waarskynlik deur ‘n moeilike tyd gaan – maar wat kan ‘n mens aan jou doen as jy kies om op God van die heelal te vertrou, want wat jy die meeste vrees is wat jy die meeste waarde aan heg, en dit wys presies waar jy God die minste vertrou.  God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie – maar van krag liefde en selfbeheersing.

Wat as, wat as, wat as? Wel, wat as? Wat as? As jy God ken en as jy voortgaan om Hom te soek, sal Hy jou help en jou onderhou; want as jy Hom werklik ken, het jy niks om te vrees nie, maar ‘n eerbiedige vrees en liefde vir die Een wat jou geskep het, en hoe meer jy weet en God op ‘n heilige manier vrees, hoe minder moet jy op hierdie aarde vrees. Satan wil hê dat jy in slawerny moet vrees, en God wil jou vrystel. Want God het jou nie ‘n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en gesonde verstand.

Related Posts