Ek gee op! … op verskonings

https://youtu.be/SU2fV_360zw

Deur Hugo Weich

Ek het goeie nuus vir ‘n klomp mense, en dit is dat ek bo alle twyfel glo, met my hele hart– dat die volgende 30 minute lewensveranderend vir jou kan wees.

  • Ek glo werklik dat wat jy nou gaan hoor uit die Woord van die Here, vir baie – jou ingesteldheid ten opsigte van die lewe kan verander;
  • Dat daar dele van jou lewe gaan wees wat nooit ooit weer dieselfde sal wees nie.
  • Dat jy nog meer; ten volle; dit wat God vir jou lewe en oor jou lewe droom, dat jy kan terugkyk en sê: vandag, hierdie dag was die dag wat jy van God gehoor het –
  • En op hierdie dag het jou lewe ‘n totaal nuwe rigting ingeslaan!

Die slegte nuus is dat daar ‘n klomp van julle gaan wees wat allerhande VERSKONINGS sal hê waarom julle nie vandag se lering uit God se Woord –deel van jou lewe gaan maak nie.

Vir baie van julle gaan vandag “Lewensveranderend” wees en die hartseer is, dat vir baie van julle sal daar net ‘n lys vol verskonings wees waarom niks in of van jou lewe vandag gaan verander nie.

Daarom die tema: Ek gee op – op verskonings!  En my gebed is dat ons ALMAL aangespoor sal word om op te gee op verskonings. Luister aandagtig en moenie deel II misloop nie – volgende Sondag.  Steeds EK GEE OP, wag maar om te hoor waarop…

Die realiteit is dit; as ek almal sou vra, veral soos die einde van die jaar wat vinnig nader kom; wat wens jy WAS OF ISanders in jou lewe, anders as laasjaar, of anders as die eerste helfde van die jaar.

  • Wat sou jy graag anders wou sien?

Almal sal waarskynlik twee of selfs meer goed kon noem wat ons eintlik anders sou wou sien.  Ek begin sommer (1)by my gewig; (2)of dat jy te hard werk en nooit by die rus, of stadiger pas uitkom nie; of (3)daardie belofte dat ek meer by my gesin sou uitkom; of dat ek al teen die tyd ‘n geestelike mentor vir iemand geword het; of dat ek (4) al êrens in die kerk ‘n plek gekry het waar ek ‘n verskil maak.

Vraag: Wat is dit wat jy voor hoop om ANDERS te wees in jou lewe?  Meeste van ons sal kan antwoord; Ek sou daarvan hou as “hierdie ding” anders in my lewe is.

Die probleem is:  DIE OOMBLIK WAT EK BESLUIT OM ANDERS TE WEES, STAAN DIE DUIWEL GEREED MET ‘N LYS VAN VERSKONINGS WAAROM EK EERDER DIESELFDE MOET BLY!   

Is dit nie waar nie?  Die oomblik wat jy daardie besluit maak is daar soveel verskonings waarom al die effort net nie die moeite werd is nie!

Jesus vertel ‘n storie wat ons hiermee gaan help, Lukas 14:16dit vat die essens vas:

LUKAS 14:17-18 NLV  “Toe alles gereed was, het hy ’n slaaf rondgestuur om die gaste te laat weet dat hulle maar kan kom. MAAR HULLE HET ALMAL BEGIN VERSKONING MAAK.”

As jy hulle verskonings lees is dit nogals snaaks:  Een ou sê: hy het ‘n stuk GROND gekoop en wil daarna gaan KYK; Die ander ou sê hy het 5 OSSE GEKOOP en wil hulle gaan PROBEER;   Ek is nie ‘n plaas seun nie – maar hoe probeer jy osse?  Die ander ou wil verskoon word omdat hy PAS GETROUD is – daardie een verstaan ek amper….

Onmiddellik op die uitnodiging is daar ‘n lys van verkonings:  Verskoning na verskoning– byna SOOS ONS OOK SOU MAAK, of wat jy self sal erken. “Ek sal daarvan hou as “dit” van my lewe verander, maar ek het laasjaar en die jaar voor dit probeer, en eintlik het niks verander nie – so waarom sal ek nou weer probeer?

Of – ek sal daarvan hou om dit te doen, maar ek is nie goed genoeg nie.  Ek sal graag, maar….. – verskoning na verskoning, na verskoning!

Dit is maar net hoe ons is.  Terug na nuwe jaars voornemens; einde Januarie is meer as 40% voornemens vergete! Studies het getoon dat middel Februarie het meer as 75% opgegee op enige hoop vir hulle resolusies.

WAAROM?: Wanneer ons goeie idees het, maak ons op ons eie krag staat om dit uit te voer.  En ons eie vermoëns en oplossings is beperk!

  • WAT JY MOET HOOR!:Een van die groot redes is: Soveel mense het goeie intensies – wat hulle eintlik kort is: God intensies – en daar’s ‘n baie groot verskil.

GOEIE INTENSIES TEENOOR GOD INTENSIES!!

Goeie intensies draai alles rondom MY –  wat EK anders in MY lewe wil hê.  Goeie intensies gaan oor MY!

God intensies aan die ander kant – verskil baie– want dit is God gesentreerd.  Dit is wat GOD anders sou wou sien oor jou lewe, en dan, instede daarvan om op eie krag en eie vermoëns en eie oplossings staat te maak, het ek ‘n God intensie!  Ek kan nou ten volle op God se krag, Sy vermoëns en wat Hy wil hê vir my lewe- staatmaak.

  • Wat wil ek vandag doen om ons te help om OP TE GEE op VERSKONINGS? Ek gaan ‘n paar vrae vrae – dalk anders as wat jy sou verwag, maar ek glo dat dit die impak kan maak wat die groot verskil in jou lewe kan bring!!

Die 1ste vraag:  Instede van: “Wat wil jy graag anders in jou lewe sien”- wil ek die volgende vra: WAT SOU GOD WOU SIEN MOET ANDERS IN JOU LEWE WEES?

WAT WIL GOD, DIE SKEPPER VAN DIE HEELAL – WAT JOU LIEFHET EN GROOT PLANNE VIR JOU LEWE HET – WAT DINK JY SOU HY ANDERS WOU SIEN IN JOU LEWE?

Ek wil hê jy moet gou vir ‘n oomblik biddend daaroor dink?

Wat God wil hê mag dalk dieselfde ding wees wat jy wil hê, maar wanneer jy die idee toeskryf aan God, eerder as aan jouself – gaan dit jou hele benadering hieroor verander.  Dink gou daaroor, wat wil God “anders” hê vir jou?

Miskien vir sekeres hier wil God jou geestelike toewyding sien gebeur – dis al vir so lank op jou hart.  Miskien wil God hê jy moet iets vir iemand gee,  dat jy meer ruimhartig word.  God wil dalk hê jy moet begin uitreik na ander; dit is al soveel jare op jou hart om ‘n mentorrol te speel vir jongmense;

  • …jy weet God wil hierdie ding in jou lewe sien gebeur, maar jy het nog niks daaraan gedoen nie…
  • God wil hê jy moet geestelik in jou kinders se lewe inspreek, jy’s goeie pa maar jou geestelike leidingsrol is afwesig in jou kinders….

DIE VRAAG: Wat dink en glo jy wil God anders in jou lewe sien?

Baie gaan waarskynlik dadelik weet en kan dit dadelik neerskryf ook – daar is so OOP spasie in die naweekblad – Wat is dit wat God anders in my lewe sou wou hê? As dit privaat is kan jy net privaat skryf; dalk loer iemand oor jou skouer….

As jy niks het om te skryf nie – is die mense rondom jou gelukkig, want dan sit hulle eintlik langs Jesus self – die perfekte Een!!  …want dan sê jy daar is NIKS wat God anders in my lewe sou wou hê nie.

So dink gou daaroor en luister na die boodskap in die lig daarvan: Wat wil God anders in jou lewe hê?

  • Volgende vraag, en dis hier waar “die krag daarvoor” ‘n groot rol speel…

WAAROM WIL GOD Hê HIERDIE “IETS” MOET ANDERS IN JOU LEWE WEES? Waarom wil God hierdie area van jou lewe sien verander?  Hoekom?  Hoekom? 

Sodra jy die Geestelike WAAROM met die WAT verbind – is daar KRAG en MOTIVERING om dit WAT MOET VERANDER te bereik!

Paar voorbeelde:  As ek sê: Wat wil God verander sien in my lewe?

Ek is seker God wil hê ek moet bietjie na my liggaam omsien.  Om beter te eet, om bietjie gewig af te skud; om bietjie te oefen

Die volgende vraag: WAAROM? – Wel, omrede ek nie lekker in shape is nie, ek is so bietjie oorgewig, en ek lyk nie lekker in my jeans nie?

Nee, dis nie WAAROM nie!!  Daar is ‘n ander antwoord.  Waarom wil God my sien in ‘n beter liggaamlike toestand.  Waarom wil GOD?  (God intensie)

Die antwoord is:  Omrede my liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees, dis die huis van God en God wil hê ek moet Hom eer deur ook vir my liggaam te sorg, sodat ek lank kan lewe, goeie dae op aarde kan hê, dat selfs my liggaam Hom eer.

  • Dis die WAAROM agter die WAT!

Wanneer jy die GEESTELIKE WAAROM connect met die WAT – dan sal die GEESTELIKE WAAROM jou motiveer om die WAT te bereik, nie wat JY op besluit het nie, maar wat GOD van jou wil hê.  En eweskielik verhoog jou motivering en moed!!

Wat wil God hê moet ek doen?

  • Ek glo God wil hê ek moet Bybelstudie doen – deur die Bybel lees nog voor jaareind;
  • Ek Glo dat God wil hê ek moet vir my vrou en kinders bid;
  • Ek is oortuig God wil hê ek moet ‘n kleingroep by my huis begin. Ek weet dit al lankal, dis soos ‘n roeping om my hart!!  Ek wil God se Woord deel met ander – ons wil Geestelik groei verryk word.  Soos in Handelinge se tyd!!!

Waarom – Waarom wil God dit hê?  Wel, ek dink dis ‘n oulike idee – dit klink mooi Godsdienstig!!

Nee, nee, nee!  Die antwoord op die WAAROM is – om te bid vir my man/vrou/kinders, om deur die Bybel te lees, om deel te raak van ‘n kleingroep – is om in dieselfde proses meer soos Christus te word.  Sodat jou lewe Hom eer!Wanneer jy die geestelike WAAROM met die WAT aan mekaar verbind – vermeerder jou motivering op wat God van jou vra om te doen – en wat God gelukkig maak.

So, waarvoor roep God jou?

Wel, ek dink God roep my om uit die skuld te kom en om my spandering onder beheer te kry – en om meer ruimhartig met my hulpbronne te wees?

Waarom? – want – skuld is sleg en ek wil graag ‘n boot koop!

Nee, nee, nee – Skuld is sleg en ‘n boot is nice – maar WAAROM wil God hê ek moet uit die skuld kom?

Sodat die geestelike WAAROM met die WAT eintlik is dat God ge-eer word deur wyse rentmeeesterskap van my hulpbronne wat Hy aan my toevertrou het vir ‘n kort tydjie om uiteindelik ‘n Koninkryksimpak te kan maak vir Sy eer.

  • Wanneer jy die geestelike WAAROM met die WAT verbind – begin die lys van VERSKONINGS verdwyn omrede jou motivering van ‘n ander plek af kom – van Hom wat wil hê jy moet dit doen vir Sy eer.

Dink gou: As jy weet WAT God van jou wil hê, die God van die heelal; wat Hy wil hê anders in jou lewe moet wees, en wanneer jy saamstemdat dit anders moet wees – kan daar tog GEEN VERKONING op aarde wees wat jou weerhou om dit te laat gebeur.

Verstaan jy dit?  As God vir jou is – wie kan teen jou wees?

  • As God outeur is van die VERANDERING, dan het jy alles wat nodig is van Hom, dan is daar geen verskoning vir die perfekte WIL VAN GOD om in jou lewe te gebeur nie.

WAAROM?  Want nou is dit nie meer EK-GESENTREERDE goeie intensies nie; maar GOD-GESENTREERDE intensies. Dit is wat Hy wil hê vir my en NIKS KAN HOM KEER NIE.

  • Ek het OPGEGEE om verskonings te maak en my gebed is dat jy dit ook sal doen!

Kom ons leer gou iets uit die Ou Testament  –‘n goeie voorbeeld van verskonings en God se reaksie op die mens se verskonings! Eksodus, Hoofstuk 4, God het Moses geroep om die Israelliete uit die slawerny van Egipte te help bevry!  Hulle was geweldig swaar belas, daar was ‘n noodkreed onder die mense om vry te kom en  – God kies ‘n man en vra hom om iets te doen buite sy vermoë en dis wat ek van God hou!

TIPIES: Wanneer God jou vra om iets te doen, is dit nie iets wat jy dink jy sommer maklik kan uitvoer nie, want dan het jy mos in elk geval nie God nodig gehad nie!

Toe ek die vraag in die begin gevra het: Wat is dit wat God anders wil hê in jou lewe?  Het jy aan iets gedink wat waarskynlik onmoontlik is.  Dis nog meer ‘n bewys dat God dit vra– want Hy hou daarvan om jou by te staan en die eer te kry vir dit wat jy NIE op jou eie kon doen nie.

  • God sê: Moses, jy is die een!
  • Moses sê: Nee God – ek kan nie die een wees nie!

En so gebeur die gesprek in Eksodus 4:10  “Moses het by die Here gepleit: “Ag, Here,ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas.”

In ander woorde: Ek praat nie voor mense nie – en leiers moet voor mense kan praat – my broek bewe voor mense; Ek kan dit nie doen nie – ek is nie goed genoeg nie!  

  • HOOR JY DIE VERSKONINGS

En wat het Moses gedoen in reaksie op God se uitdaging?  Hy het ‘n lys gemaak van sy CV van onbekwaamdhede – sy VERSKONINGS waar om hy nie goed genoeg is nie.  Hy het na sy eie onvermoë gekyk eerder as na God se onbeperkte vermoens.

En God tree in in vers 11:  EKSODUS 4:11 NLV “Wie gee vir die mens ’n mond?” vra die Here hom. “Wie maak mense stom of doof? Wie laat hulle sien of maak hulle blind? Is dit nie maar net Ek, die Here, nie?”

Die regte antwoord is die HERE.  God help hom uit:  In geval jy nie oplet nie Moses: Is dit nie EK – die Here wat dit doen nie?

In ander woorde, as EK jou gaan vra om iets te doen, dink jy nie omdat EK aan jou kant is – dat EK jou wel sal help om dit gedoen te kry nie?   As jy die vraag antwoord, ek glo die Here wil hê “dit” moet anders in my lewe wees, dink jy nie dat God van die heelal gaan DAAR wees om jou by te staan – totdat dit gebeur nie?

  • God vra vir Jeremia: Is enige iets vir my te moeilik? Jer 32:27  Kyk, Ek is die HERE, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

Ek glo met my hele hart dat jy weet daar is GOED wat God wil hê MOET verander in jou lewe, en jy het al die VERSKONINGSwaarom dit NIE kan en waarom jy nie WIL nie, dan wil ek vir jou sê in die woorde van Jeremia: Is daar iets te moeilik vir die Here?

  • Jy verstaan nie – ek weet God wil hê dat ek meer geduldig met my kinders moet wees…., maar jy ken nie my kinders nie…..!!!
  • Dink jy werklik dat God, wat die geestelike VRUG van GEDULD gee, nie vir jou kan help om meer geduldig te wees nie.
  • O, ek weet God wil hê ek moet meer sagmoedig en onderdanig wees, maar ek kan nie – dis net nie die persoon wie ek is nie!!
  • Dink jy werklik dat die Here Jesus van jou iets sal vra – wat bevestig is in Sy Woord en in jou Gees, dat Hy jou nie sal help met die vermoë om onderdanig te wees nie?
  • Ja, ek weet God wil hê ons moet ‘n goddelike huwelik hê, maar sy……

Dink jy werklik dat enige iets onmoontlik is vir God?  GEEN meer wêreldse VERSKONINGS kan God ontneem van Sy krag en vermoëns – GEEN MEER VERSKONINGS – EK GEE OP OP VERSKONINGS!!

God gaan aan om vir Moses te sê in vers 12 – Moses hou op met jou verskonings!!

EKSODUS 4:12 NLV  “Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê! Ek sal jou goed laat praat en vir jou voorsê wat jy moet sê.”

  • Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê!!

Twee praktiese gedagtes oor hierdie skrif. Die eerste een glo ek God sê vir Moses en vir jou: “Doen wat jy kan doen, loop nou, gaan maak so”  Ek het vir jou gesê WAT om te doen – gaan nou en doen dit! GEEN VERSKONING NIE – hou op dink daaroor, hou op redeneer daaroor – loop net – gaan doen dit!!

Moenie uitstel nie– jy weet wat God wil hê jy moet doen.  Iemand sê: Uitgestelde gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid – moenie uitstel nie.  As God jou gewys het wat anders moet wees, gaan en doen wat jy kan doen!! Jy hoef dit nie te oorspiritualiseer nie – ek wag net op die Here – gaan doen dit net – loop nou en gaan doen dit.

Voorbeeld:  Ek glo die Here wil hê ek moet nou …. (‘n gewoonte, verslawing, bediening)

Loop nou – en gaan doen dit – los AL DIE VERSKONINGS

So wat doen ek – hoe help jy jouself LOOP? Jy roep ‘n klomp mense bymekaar en gaan publiek daarmee!  Doen dit vandag!Praat vandag met jou vrou – jou man – jou kinders – Teken sommer vandag nog aan by die besoekers toonbank, by die opslaanspan, by die kinderkerk,  – maak nou jou afspraak by jou familie, jou vriend!!

  • NIKS MEER VERSKONINGS NIE – EK GEE OP – GEE OP OP VERSKONINGS!!

Bid in die oggende – WAT – WAAROM wil God? Stel vanmiddag jou wekker!!!

VERTROU GOD OM TE DOEN WAT JY NIE KAN DOEN NIE! VERTROU HOM

Dis wat gebeur het: God sê vir Moses: “Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê! Ek sal jou goed laat praat en vir jou voorsê wat jy moet sê.” – dis amper asof God impliseer – ek gaan jou nie help om goed te praat of sê wat jy moet sê, totdat jy gaan nie!!  Jy doen wat Jy kan doen – daar is goed wat ek NIE gaan doen nie, totdat jy die eerste tree van geloof gee!  Ek sal jou help!!

  • WANNEER JY GAAN, SAL EK JOU HELP EN JOU LEER

Jy doen wat ek vir jou sê om te doen, ek sal doen wat nie instaat is om te doen nie.

Leer sy kinders kar bestuur – of fiets ry. Die doel is om fiets te kan ry – want jy wil graag fiets ry.  As jou pa wil, en jy wil, wat gaan julle keer – niks nie!!

Maar ek is bang – pa – ek soek my…oefen wiele – nee wag, jy het dit nie nodig nie

Begin net – trap – ek sal jou regop hou

Maar pa – wat as ek val? – Ek sal jou help – ek gaan jou leer – totdat jy dit sonder my kan doen.  Ry net – Ek is by jou!

Persoon met pornografie:  – jy het vir niemand gesê nie! Dis langer as 20-jaar!  Dink jy regtig God kan jou nie help nie?  Is iets vir God onmoontlik?

God kan jou vrymaak  – losmaak van die binding daarvan – Hy het nie Sy bloed verniet gestort nie – jy is vergewe, jy kan verander, jy kan dit oorkom!!  GEEN VERSKONING NIE.

Dis wat jy nou moet doen: Gaan vertel jou vrou, vertel iemand wat geestelik saam met jou stap, kry beradingshulp,  – ek kan nie iemand sê nie…

GEE OP OP VERSKONINGS: GEEN VERSKONING – God doen dit – doen jy ook  jou deel – gaan vertel jou vrou – gaan kry hulp!

I said, You do your part and God is going to do His!

Gaan doen wat God jou voor geroep het – van jou vra! Ek Hy sal jou leer en jou help. GEEN VERSKONINGS NIE.  As God dit vir JOU wil hê en JY wil dit ook hê – is daar GEEN VERSKONING NIE.  Geen verskoning – Geen krag of wapen wat dit kan stop wat God in jou wil doen nie.

Ons gemeente waar ons nou is….

Hoe nou gemaak – ALS is nie die voertuig wat hierdie gemeente moet verder neem nie – selfs gedink op sekere tye dat dit die einde is, ons moet maar net so aangaan. My eintlik die eerste naweek gevra om op te pak!!

Kom ons maak maar die beste heirvan – ek was bykans depres en het verslaan gevoel. Ek was by die plek van God – ek kan nie – ek weet nie hoe nie – dis besigheid – ek verstaan nie eers hoe nie – miskien moet iemand anders dit kom doen.

En God begin met my werk – Hy bevestig Sy roeping in my hart – ek droom van die druiwe prieel vol druiwe – ek roep Retha om te kom kyk – vriende spreek in op my lewe – hou net op kla – ruk jouself reg – God het die vermoe in jou geplaas – jy is skerp en intilligent!

En dit was al wat ek nodig gehad het.

‘n Geestelike mentor en vriendin sê – jy is skerp – ek het dit so nodig gehad, want ek het soos die stompste potlood gevoel, onbevoeg, onvermoend, – ..

God se reaksie: Kyk – ek het jou die gawes, die talente gegee, Ek het jou geroep, ek het jou HIER in heirdie plek geplaas, Dink jy EK het nie geweeet wat ek doen toe ek EK jou hier geplaas het nie?

LOOP NOU – gaan doen wat jy moet doen – ek sal doen wat EK moet doen.  En eweskielik het ek geloof daarvoor!! – waar ek oomblikke terug niee geweet het watter kant toe nie.

Ek wil so graag hê jy moet vandag hier weggaan en sê – ek het geloof om te doen wat God wil hê ek moet doen.  Ek het geloof daarvoor!! As Hy my roep, my stuur, sal Hy my beskerm – ek het geloof hiervoor!!

Dink oor wat anders in jou lewe kan wees – in die lewe van die mense rondom jou as jy ophou VERSKONINGS maak!!  As jy nie meer met GOEIE idees kom nie – maar met GOD IDEES!! Wat oor HOM gaan – oor SY GLORIE en SY KRAG!!

Jy doen wat jy kan doen en vertrou GOD om te doen wat jy nie kan doen nie!! En Hy kry al die EER wanneer jy dinge doen wat Sy naam oplig!!

Here, help ons om op te hou met ons patetiese VERSKONINGS – en ek vra dat U direk met mense sal praat vandag!  Oor wat U wil hê moet anders wees in hulle lewens!

As jy weet daar is iets beduidend in jou lewe wat moet verander  – lig jou hand – in ‘n stap van geloof – voor God – Sê vir Hom – ek weet dit is wat U wil hê!!

Mag ons nooit y di eplek kom waar ons dink ons het gearivveer!!!  Selfvoldaan – beledigend voor u God, – gee ons – wys ons U behoefte vir dit wat in ons lewens moet verander.

Vir die wat dit ontdek het wat moet verander – gee asb geloof – moed  – help ons om die WAAROM, die geestelike WAAROM sal connect met die WAT – en mag dit ons motiveer.

Help ons om OP TE GEE – OP TE GEE OM VERSKONING TE MAAK!

Related Posts