Die steen wat die bouers verwerp het.

Die bekendste antieke strukture in die wêreld het een ding in gemeen – hulle almal het rostvaste fondasies wat hulle deur die eeue staande laat bly het. Vandag nog, voordat daar met die bou van wolkekrabbers begin word, word daar baie navorsing en moeite gedoen om seker te maak dat die fondasie die gewig van die gebou sal dra. En nie net dat hy sal staande bly onder ideale omstandighede nie, maar ook deur slegte weer, hewige stormwinde en selfs aardbewings.

Maar die bouers van ouds het wanneer hulle hul massiewe monumente gebou het ook geweet dat een van die belangrikste elemente van die gebou die hoeksteen is. Die hoeksteen het nie net die muur en huis regop gehou maar dit het ook die rigting aangedui waarin die struktuur gebou word. In Psalm 118 lees ons ook oor `n hoeksteen en die Psalmdigter maak `n baie interessante stelling; (22) Die steen wat die bouers verwerp het, het ‘n hoeksteen geword. (AFR53) Wie of wat is die steen wat deur die bouers verwerp is en wat het die Psalmdigter en Jesus daarmee bedoel?

Related Posts